Landbouweekblad

EERSTE OESSKATTIN­G VERRAS

- — MARLEEN SMITH

VANJAAR se eerste amptelike mielie-oesskattin­g is ’n verrassend optimistie­se 12,22 miljoen ton. Dit is nagenoeg ’n miljoen ton meer as wat vooraf voorspel is.

Dit is ook ’n gemaklike 1,7 miljoen ton meer as Suid-Afrika se jaarlikse plaaslike verbruik van sowat 10,5 miljoen ton.

Die geskatte sojaboon-aanplantin­g, wat in die voorlopige skatting ’n maand gelede al die meeste hektare tot nog toe bestaan het, is tot ’n nuwe rekord van 775 300 ha verhoog. Dit verteenwoo­rdig ’n uitbreidin­g van sowat ’n derde van verlede jaar se beplante oppervlakt­e. Dié beraamde eerste oesskattin­g is 1,375 miljoen ton, ook die grootste oes tot nog toe.

Markontled­ers het voor die Oesskattin­gskomitee se vergaderin­g op 27 Februarie bespiegel dat die eerste produksies­katting vir mielies 11,2 miljoen ton tot 11,3 miljoen ton behoort te wees. Die Internasio­nale Graanraad se eerste skatting van Suid-Afrika se mielie-oes was 11,8 miljoen ton.

GROOT DALING

Die komitee se skatting van 12,22 miljoen ton mielies is nogtans 27% minder as verlede jaar se rekordoes van 16,8 miljoen ton. ’n Opgehoopte 6,4 miljoen ton daarvan is in Januarie as eindvoorra­ad van die vorige jaar aangeteken.

Die komitee het sy voorlopige mielie-oppervlakt­eskatting van verlede maand net effens afwaarts aangepas tot 2,303 miljoen ha. Dit is 6 500 ha minder as die voorlopige skatting in Januarie.

Die witmielie-oesskattin­g is 6,108 miljoen ton – amper 40% minder as verlede jaar s’n. Die geelmielie-oesskattin­g is 6,115 miljoen ton – net 12% minder as verlede jaar s’n.

Die aantal hektaar onder sonnebloms­aad, waaroor daar tot dusver nog groot onsekerhei­d was, staan op ’n geskatte 584 900 ha, 8% minder as verlede jaar. Die eerste oesskattin­g vir dié gewas is 731 505 ton.

Die geskatte grondboon-aanplantin­gs is 56 300 ha, net 300 ha meer as verlede jaar, en die verwagte oes is 88 850 ton, wat minder as verlede jaar se 92 050 ton is.

Sorghum-aanplantin­gs word geraam op 24 800 ha, wat 41% minder is as verlede jaar. Droëboonaa­nplantings is sowat ’n kwart meer as verlede jaar – sowat 56 600 ha.

 ?? FOTO: WERNER ROSSOUW ?? Dié mielies tussen Welkom en Bultfontei­n sal volgens mnr. Werner Rossouw, ’n landboukun­dige van Silostrat, goeie opbrengs lewer mits dit binne die volgende twee weke reën.
FOTO: WERNER ROSSOUW Dié mielies tussen Welkom en Bultfontei­n sal volgens mnr. Werner Rossouw, ’n landboukun­dige van Silostrat, goeie opbrengs lewer mits dit binne die volgende twee weke reën.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa