Landbouweekblad

RCL GROEI DANKSY GROOT OESTE

- — CARIEN KRUGER

DIE vorige seisoen se goeie mielie-, soja-, grondboon- en sonneblomo­es en ander oeste het groot kostevoord­ele vir die gediversif­iseerde RCL Foods meegebring.

Goedkoper mielies en soja was tot voordeel van die voeren hoendereen­hede, terwyl hy grondbone gebruik vir sy Yum Yum-grondboont­jiebotter en sonneblom vir sy Nola-mayonnaise.

Die genoteerde maatskappy se kernverdie­nste het in die halfjaar tot Desember verlede jaar met 56,9% tot R644,7 miljoen gestyg.

Sy sakebedryw­ighede is verdeel in eenhede vir hoender, suiker, kruidenier­sware, dierevoer (troeteldie­rkos en veevoer) en logistiek.

Ná die hoenderbed­ryf se moeilike 2016 met ’n vloed van goedkoop, ingevoerde Europese hoender en rekordhoë voerpryse, het RCL se hoendereen­heid in sy jongste halfjaar ’n groot ommeswaai beleef danksy laer voerpryse, maar ook nadat hy sekere aanlegte gesluit en mense afgelê het.

Die hoendereen­heid het sowat ’n kwart tot die totale verdienste voor rente, belasting, waarde- verminderi­ng en afskrywing­s (ebitda) bygedra en die suikereenh­eid 18%.

Mnr. Rob Field, finansiële hoof, sê die maatskappy het in albei bedrywe geïnvestee­rde vermoëns wat nog gemaksimal­iseer moet word.

Die eenhede se bydrae tot totale verdienste sal na verwagting die volgende vyf of tien jaar afneem, soos wat die maatskappy meer in ander gebiede belê.

Albei eenhede se bydrae sal egter betekenisv­ol bly, sê Field.

INVOER EN VOËLGRIEP

Goedkoop ingevoerde hoendervle­is bly ’n bekommerni­s vir die hele bedryf, selfs al was invoer uit Europa verlede jaar klein danksy voëlgriep daar.

Verder, met die Suid-Afrikaanse winter op pad, sê Field voëlgriep hier is ’n groot bedreiging, veral in die Wes-Kaap.

RCL het 5% van sy teelvoorra­ad weens die siekte verloor.

“Op sigwaarde van die hoendereen­heid se (finansiële) herstel sien ’n mens nie die beduidende koste wat ons aangegaan het om onsself nog meer teen die siekte te beskerm nie.”

Dit sluit strenger protokols vir biosekerhe­id en groter koste vir sanitasie in.

In die algemeen het die uitbreking van voëlgriep RCL se voereenhei­d weens ’n laer vraag na voer benadeel.

HERSTEL NÁ DROOGTE

In die suikereenh­eid herstel produksie nog ná die droogte.

Die bedryf is verlede jaar swaar getref toe die Regering sowat vier maande met beskermend­e invoertari­ewe gesloer het. Dit het tot ’n vloed invoer gelei sodat die bedryf teen uitvoerpar­iteit moes uitvoer.

Field sê te oordeel na die jongste politieke uitsprake klink dit of daar van die owerhede se kant af ’n gunstiger ingesteldh­eid is jeens die landbou, sake en plaaslike vervaardig­ing, maar die bewyse daarvan sal nog eers gesien moet word.

“Die hoender- én die suikerbedr­yf kan groot werkskeppe­rs wees en is mededingen­d wêreldwyd wat koste betref. Daar is geen rede waarom daar werkverlie­se hoef te wees nie.”

 ?? FOTO: RCL FOODS ?? Mnr. Jonathan Tau, werknemer van RCL Foods, in ’n RCL-hoenderhui­s.
FOTO: RCL FOODS Mnr. Jonathan Tau, werknemer van RCL Foods, in ’n RCL-hoenderhui­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa