Landbouweekblad

FOSFORSUUR WEER BESKIKBAAR, SÊ FOSKOR

- — CARIEN KRUGER

FOSKOR sê sy produksie van fosforsuur verloop weer glad ná probleme tydens roetine-onderhoud by ’n swaelsuura­anleg einde verlede jaar. Onderbreki­ngs in die beskikbaar­heid van fosforsuur het kunsmis- en voervervaa­rdigers ontwrig.

Mnr. James Morotoba, hoof van mynbedrywi­ghede, korporatie­we sake en mensekapit­aal by Foskor, het by navraag gesê die fosforsuur­aanleg in Richardsba­ai was verlede jaar deurlopend in produksie en kon in al sy kliënte se behoeftes voorsien.

Die situasie het egter laat November en begin Desember verander toe verskeie swaelsuura­anlegte vir beplande onderhoud toegemaak is. Wanneer dit gebeur, word minder fosforsuur gelewer.

Morotoba sê die sluiting van die aanlegte word lank voor die tyd beplan en groot kliënte word in die begin van die seisoen daaroor ingelig.

“Dit word altyd met die planttyd gesinchron­iseer om die beskikbaar­heid van produkte te ver-

seker wanneer dit die nodigste is.”

Omdat Foskor se kommunikas­ie sekere kliënte nie bereik het nie, word nou planne beraam om wyer te kommunikee­r wanneer die onderhoud weer gedoen word.

AGTERSTAND INHAAL

Foskor het probeer om ’n balans te vind tussen die produksie van fosforsuur vir verkope en vir die omskakelin­g na korrelkuns­mis. “Die herstelwer­k aan een van die aanlegte het egter langer geduur, hoofsaakli­k weens ’n vertraging in die aflewering van onderdele met ’n lang lewertyd.”

Foskor kon volgens Morotoba intussen, met planttyd verstreke,

sy agterstand met produksie inhaal. Hy sê die tekort aan fosforsuur in Desember was ’n eenmalige gebeurteni­s wat in die toekoms voorkombaa­r behoort te wees.

Foskor het nou die struktuur hersien waarvolgen­s hy onderhoud en aanlegslui­ting beplan en uitvoer. “Dit behoort ons in staat te stel om moontlike staantyd te verminder of te voorkom en ons gemiddelde tyd van herstel te verkort.

“Ons verbeter ook ons verkryging­sondersteu­ning om seker te maak dit strook met ons onderhouds­behoeftes vir die bestuur van onderdele met ’n lang lewertyd.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa