Landbouweekblad

GEMENGDE REAKSIE OP KABINETSKO­MMELING

- — NICO VAN BURICK

DIE eerste reaksie op kabinetsku­iwe wat veral die landbou en grondsake raak, was nie baie optimistie­s nie. Kenners meen egter van die skuiwe is dalk net tydelik. Daar is ook sterk steun vir die gedagte dat een minister aan die hoof staan van die landbou en grondsake.

Dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van die landbousak­ekamer Agbiz, sê hy is tevrede met die aanstellin­g van mnre. Nhlanhla Nene en Pravin Gordhan as ministers van onderskeid­elik Finansies en Staatsonde­rnemings, asook die klem om bekwame mense in die ekonomiese groep in die Kabinet aan te stel.

“Die aangesteld­e Kabinet is egter duidelik ook ’n kompromis. Terwyl ’n tiental ministers wél gepos is, is daar na ons mening verskeie ander ministers wat hulself gelukkig kan ag om weer aangestel te word, al is dit ook tydelik.”

Purchase sê die aanstellin­g van me. Maite NkoanaMash­abane as Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming is ’n groot verrassing en ’n mens sukkel om die rede daaragter te verstaan. “Ons moet haar egter ’n billike kans gee en kyk of sy die diepgewort­elde probleme en korrupsie in daardie departemen­t doeltreffe­nd kan takel.”

SAAMSMELT?

Hy meen die agteruitsy­waartse skuif van mnr. Sifiso Buthelezi na die pos van Adjunkmini­ster van Landbou, Bosbou en Visserye is waarskynli­k tydelik. Die rasionalis­ering van staatsdepa­rtemente, wat hopelik die samevoegin­g van die landbou met landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming insluit, asook die afskaffing van ’n klomp adjunkmini­sters se poste is nodig. Dit is onwaarskyn­lik dat Buthe lezi vorentoe baie betrokke sal wees.

“Agbiz wens egter graag al die nuwe ministers geluk met hul aanstellin­gs en ons vertrou dat konstrukti­ewe werksverho­udings gevestig kan word,” sê Purchase.

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA, sê al het Buthelezi ’n indrukwekk­ende ekonomiese agtergrond, is hy nie ’n bekende in die landbou nie. Met al die agterdog oor beweerde ongerymdhe­de toe hy by die aankoop van treinwaens vir die Passasiers­pooragents­kap (Prasa) betrokke was, sal daar moeilik ’n vertrouens­verhouding gebou kan word.

“Ons glo egter daar sal weer skommeling­s kom en ’n samesmelti­ng tussen die departemen­te van Landbou en Grondsake is moontlik ter sprake. Ek is in elk geval ten gunste van minder Dr. Frans Cronjé, direkteur van die Instituut vir Rasseverho­udinge, sê die landbou is uniek met die twee betrokke ministers. “Eintlik behoort daar nie eens een te wees nie. Die landbou kan onder die Departemen­t van Handel en Nywerheid val. Daar behoort net 12 tot 15 ministers in die Kabinet te wees. Navorsing wys hoe meer ministers ’n land in verhouding tot die bruto binnelands­e produk het, hoe swakker is die regering.”

Cronjé is nie beïndruk met verskeie kabinetske­uses nie en glo dit is gerig op politieke oorweginge en nie om SuidAfrika en die ekonomie te bevoordeel nie.

“Ek het betroubaar verneem die Kabinet is vasbeslote om onteiening sonder vergoeding deur te voer – selfs nog voor die einde van die jaar en ongeag die skade wat dit sal veroorsaak. Daar is glo ’n siening dat ’n mate van skade aanvaarbaa­r sal wees om die politieke doelwitte te kan bereik.”

 ?? FOTO: GALLOIMAGE­S/JEFFREY ABRAHAMS ?? Mnr. Julius Malema
FOTO: GALLOIMAGE­S/JEFFREY ABRAHAMS Mnr. Julius Malema

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa