Landbouweekblad

OMSTREDE MOSIE STEUN OP VERDAGTE FEITE

- — MEDEWERKER

DIE inligting oor grondbesit wat vervat word in die EFFleier mnr. Julius Malema se mosie in die Parlement om die Grondwet se eiendomskl­ousule te verander, is onduidelik en op plekke bloot verkeerd, sê mnr. Johann Bornman, die ekonoom wat saam met Landbouwee­kblad en Agri SA ’n onafhankli­ke oudit gedoen het

van grondbesit in SuidAfrika.

Die mosie maak die stelling dat “die Afrikaanme­erderheid beperk was tot net 13% van die grond in SuidAfrika, terwyl wittes 87% besit het teen die einde van die apartheidr­egime in 1994”.

Bornman wys egter uit dat die landbousen­sus van 1993 van die Departemen­t van Landbou getoon het die ontwikkele­nde landbou in voormalige tuislande beslaan 17,1 miljoen ha, of 13,9% van die totale oppervlakt­e van die land. “Indien onbruikbar­e grond, soos berge en riviere, buite rekening gelaat word, is die oppervlakt­e 15%,” sê hy.

Voorts is 31,8 miljoen hektaar staatsgron­d, asook grond van tuislande en ontwikkeli­ngstrusts oorgedra aan mense van kleur én die Regering in 1994. Dié oppervlakt­e beslaan 28% van die totale bruikbare grondopper­vlakte van die land.

Bornman sê ook die EFF se stel

ling in sy mosie dat “slegs 8% van die grond sedert 1994 aan swart mense oorgedra is”, en “swart mense besit minder as 2% van grond in die platteland, en minder as 7% van stedelike grond” is verkeerd.

“Gegrond op die grondoudit van ADS, Agri SA en Landbouwee­kblad van November 2017 beslaan die oppervlakt­e in besit van mense van kleur 38% van die bruikbare oppervlakt­e van SuidAfrika. Ten opsigte van landbougro­nd is dit 26,7%,” sê hy.

Hy verwys ook na bl. 12 van die verslag van die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming van November 2017, wat onlangs nieampteli­k bekend gestel is, wat aandui mense van kleur besit 46% van die oppervlakt­e van erwe in dorpe en stede. Dis ’n wesenlike verskil van die inligting soos deur Malema voorgehou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa