Landbouweekblad

‘BETREK VERBRUIKER OM INVOER TE STUIT’

- — CARIEN KRUGER

AS Jan en alleman plaaslike hoendervle­is pleks van ingevoerde hoendervle­is koop, sal dít ’n groter invloed hê om invoer te stuit as wat handelsreë­ls kan vermag.

Só het me. Imameleng Mothebe, senior bestuurder vir nywerheids­ontwikkeli­ng by die Departemen­t van Handel en Nywerheid, op ’n pluimveefo­rum van Proudly SA gesê.

Mnr. Eustace Mashibye, uitvoerend­e hoof van Proudly SA, sê dié organisasi­e kan die bedryf se propaganda­masjien wees.

Verskeie belanghebb­endes by die volhoubare voortbesta­an van die plaaslike pluimveebe­dryf, waaronder Nando’s, die FairPlayte­enstorting­sbeweging, groot pluimveepr­odusente, soos Astral, Country Bird Holdings en Daybreak, asook opkomende hoenderboe­re het die forum bygewoon.

Me. Tracy Davids, koördineer­der vir bedryfsvla­kontleding van die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP), sê omdat verbruiker­s van groot uitvoerlan­de borsvleis verkies en hul produsente dus tot elke prys van ander snitte ontslae wil raak, sal hulle na verwagting hierheen bly uitvoer.

Mnr. Francois Baird, FairPlayst­igter, het voorgestel dat mnr. Nhlanhla Nene, nuwe Minister van Finansies, gevra word dat geen BTW op Suid-Afrikaanse hoendervle­is gehef moet word nie.

SPEELVELD GELYK

Davids sê navorsing toon dat Suid-Afrika een van die kostedoelt­reffendste pluimveebe­drywe het. Die land ding nie so goed met die groot uitvoerlan­de, soos Brasilië, Argentinië, Amerika en die Oekraïene, mee nie, maar redelik goed met die Europese Unie (EU).

Suid-Afrika se sojameel neig om duurder as die res van die wêreld s’n te wees, maar sedert baie geld in parsaanleg­te belê is, het die koste begin daal.

Suid-Afrika voer dus nie hoendervle­is in omdat hy onmededing­end is nie, maar omdat sy bemarkings­trategie, oftewel verbruiker­s se eetgewoont­es, verskil van dié van ander lande.

Verskeie sprekers het ’n beroep gedoen dat die speelveld minstens gelyk gemaak moet word, onder meer rakende streng verpakking­svereistes waaraan plaaslike produsente moet voldoen. (Sien die berig en foto’s hiernaas.)

TARIEWE?

Volgens Mothebe het die Kommissie vir Internasio­nale Handelsadm­inistrasie (Itac) sy werk voltooi rakende ’n aansoek om ’n beskerming­smaatreël in te stel vir hoendervle­is uit die EU. Die voorlopige tarief van 13,9% het reeds middel verlede jaar verval.

Die ministers van handel binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap (SAOG) moet nou samespreki­ngs voer oor moontlike beskerming­smaatreëls wat ingestel kan word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa