Landbouweekblad

LANDBOU ‘KRY TE MIN AANDAG’

-

AL was daar erkenning vir die landbou se belangrike bydrae tot ekonomiese groei, is min verdere aandag in die begrotings­rede aan die landbou geskenk. Só sê mnr. Dan Kriek, voorsitter van Agri SA, in reaksie op mnr. Malusi Gigaba se begrotings­rede, enkele dae voor hy vervang is met ’n voorganger, mnr. Nhlanhla Nene.

“Gigaba bevestig die Regering is steeds verbind tot die doelwitte in die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan (NOP). Aangesien die NOP die landbou se oorweldige­nde vermoë ten opsigte van groei en werkskeppi­ng erken, sou ’n mens meer oor die landbou kon verwag het.”

Agri SA verwelkom die bykomende R6 miljard om die gevolge van die droogte teen te werk. Buiten die voorsienin­g van werkgeleen­thede by die Werk vir Water-projek as teenvoeter vir landbouwer­ksverliese is daar egter geen vermelding van ander hulp vir die landbou nie.

Die R40 miljoen om toegang tot wêreldmark­te te verbeter, word ook verwelkom, maar die waarde daarvan sal afhang van Mnr. Dan Kriek hoe die geld gebruik word, het onder meer die TLU SA gesê.

REKENSKAP

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuu­rder van die TLU SA, sê die Mnr. Bennie Van Zyl landboukwe­ssies in die begrotings­rede was sterk transforma­siegedrewe, soos die R581,7 miljoen wat aan die ontwikkeli­ng van 450 swart boere bestee gaan word. “Vir my lê die kommer in die uitvoering van hierdie projekte. Gaan iemand uiteindeli­k rekenskap gee van wat bereik is met die besteding en die verskil wat dit gemaak het?”

Hy sê in baie gevalle beskou

‘Gaan iemand uiteindeli­k rekenskap gee van wat bereik is met die besteding en die verskil wat dit gemaak het?’

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa