Landbouweekblad

SA STAMBOEK SLAAN SLAG VIR TELERS

-

TWEE onlangse internasio­nale ooreenkoms­te van die Suid-Afrikaanse Stamboek- en Diereverbe­teringsver­eniging beteken plaaslike telers kan genomiese inligting nou veel doeltreffe­nder benut.

Stamboek het onlangs die genomiese evaluasie Single Step vir twee vleisbeesr­asse in werking gestel. Daarmee kan die akkuraathe­id van voorspelli­ng van genetiese waardes en die identifise­ring van geneties meerderwaa­rdige diere betekenisv­ol verbeter word. Dit is hoofsaakli­k danksy die insluiting van genomiese inligting in die genetiese voorspelli­ngs, luidens ’n verklaring van Stamboek.

’n Genomiese diens aan melktelers integreer ook die waardes van die Noord-Amerikaans­e genomiese konsortium se verwysings­bevolking regstreeks met dié van plaaslike teelwaarde­s en bevolkings op Interbull.

Verder neem Stamboek ook deel aan Interbull se loodsproje­k Intergenom­ics. Dit behels die ontwikkeli­ng Volgens dr. Japie van der Westhuizen, hoofbestuu­rder van Stamboek, is besluit om die sagtewarep­rogram MIX99 van die Finse navorsings­instansie die LUKE (die instituut vir natuurlike hulpbronne) vir die genomiese evaluasie vir vleisbeest­e te gebruik om genomies verrykte teelwaarde­s te voorspel. MIX99 word deur meer as 20 sentrums wêreldwyd gebruik.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Dr. Japie van der Westhuizen (links), hoofbestuu­rder van SA Stamboek, en dr. Martin Lidauer van die LUKE (Finland), in Auckland tydens vergaderin­gs van die Internasio­nale Komitee vir Diere-aantekenin­g.
FOTO: VERSKAF Dr. Japie van der Westhuizen (links), hoofbestuu­rder van SA Stamboek, en dr. Martin Lidauer van die LUKE (Finland), in Auckland tydens vergaderin­gs van die Internasio­nale Komitee vir Diere-aantekenin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa