Landbouweekblad

HERSTEL NÁ DROOGTE STEUN GOEIE VEILINGSPR­YSE

- — JOHAN NORVAL en FREDALETTE UYS

DIE Suid-Afrikaanse vleisbedry­f het hom heeltemal misgis met die uitwerking van die afgelope landwye droogte op die veestapel.

“Die tradisione­le 20 miljoen ooie (in die nasionale veestapel) is seker nader aan 15 miljoen en die sowat 13 miljoen koeie nader aan 10 miljoen of selfs minder,” sê dr. Cobus Oberholste­r, hoof van BKB se afdeling vir lewende hawe, veilings en eiendomme.

Hy meen die landwye kuddeboupr­oses gaan nog lank duur, wat ’n groot tekort aan verhandelb­are diere teweegbrin­g. Dié tekorte beteken egter dat produsente in die volgende twee tot drie jaar goeie pryse vir veilingsen teeldiere kan verwag.

Mnr. Danie Vorster, bestuurder van Merino SA, sê voorlopig is Merinoveil­ingspryse tot dusver dié jaar gemiddeld 20% hoër as verlede jaar.

Hy sê die beter veilingspr­yse is moontlik danksy die reën wat veral in die noordelike en oostelike dele van die Oos-Kaap geval het en tot optimisme in die bedryf kan lei. Hy sê pryse is egter steeds laer in dele waar dit nog droog is.

Hy sê dit het lank laas so goed met die Merinobedr­yf gegaan as tans. “In goeie toestande maak die Merinoboer nou baie goeie geld; ek sou sê die beste in die kleinveebe­dryf.”

WOL ÉN VLEIS VAAR GOED

Me. Karabo Takadi, landbou-ekonoom by Absa, sê die gunstige wolmark word tans aangedryf deur ’n vraag na wol van goeie gehalte en fyner wol, veral uit China. Sy verwag dat dié optimistie­se sentiment vir die volgende 5-15 jaar sal voortduur.

Na verwagting sal die Suid-Afrikaanse woloes in 2017-’18 nagenoeg 7% laer wees as die vorige seisoen se 52,5 miljoen kilogram – een van die bestes die afgelope dekade.

Vorster sê afgesien van die nadraai van die droogte word die klein veilingsaa­nbod veroorsaak deur ’n swak lammeroes in minder droë gebiede, sowel as onverwagse koue laat verlede jaar wat tot verdere vrektes gelei het.

Oberholste­r sê volgens verteenwoo­rdigers van voerkrale word baie verskalwer­s steeds bemark deur boere wat ’n nypende kontantvlo­eitekort het.

Oberholste­r sê die verbruiker­sbesteding van die LSM-groepe 7 tot 10 styg jaarliks met 6-7%, wat die vraag na rooivleis ondersteun. “’n Bykomende bonus vir die veebedryf is die huidige Twee Merinoveil­ings wat daarvan getuig, is dié van die Konsortium-groep en Heuningkra­nsMerino’s.

Op die Konsortium-groep se onlangse veiling is 472 ramme teen gemiddeld R8 158 stuk verkoop. Altesaam 198 ooie is teen gemiddeld R2 321 stuk verkoop.

Telers uit Lesotho het ’n groot persentasi­e van die ramme en ooie op Heuningkra­ns se veiling gekoop. Die gemiddelde prys vir die aanbod van 137 ramme op die veiling was R9 929, bykans R2 000 per ram meer as verlede Augustus en bykans R3 000 per ram meer as op die ooreenstem­mende veiling verlede jaar. Die gemiddelde prys van ooilammers was R1 776,87, terwyl die ander ooie gemiddeld R2 655 stuk behaal het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa