Landbouweekblad

HEUNINGKRA­NS VAT VOOR IN DIE VRYSTAAT

- — JOHAN NORVAL — JOYLENE VAN WYK

SEWE manlike en twee vroulike plaaswerke­rs word binnekort die eerste begunstigd­es in die Vrystaat wat volle eiendomsre­g ingevolge die Wet op die Uitbreidin­g van Sekerheid van Verblyfreg (Wet 62 van 1997, ook bekend as Esta) ontvang.

Dié geskiedkun­dige grondhervo­rmingsinis­iatief van mnr. Eddie Prinsloo van die Heuningkra­ns-Merinostoe­tery in die distrik Smithfield beteken die nege begunstigd­es kry die meerderhei­dsaandeel in Heuningkra­ns se buurplaas Donkerhoek.

Onderhande­linge oor die transaksie het twee jaar geduur. Prinsloo het die 1 500 ha grond aan die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming verkoop, en nou moet ’n vereniging vir kommunale eiendomsbe­sit vir die nuwe eienaars gestig word voor die Regering die grond aan hulle kan oordra.

Ná die afhandelin­g van die oordrag sal Prinsloo en die werkers die plaas ingevolge ’n samewerkin­gsooreenko­ms bedryf. Die werkers sal die meerderhei­dsaandeel besit. Die groep het reeds ’n aantal hamels bekom. Hulle sal in die toekoms hul vee se aanwas op Heuningkra­ns se produksiev­eilings bemark.

Volgens mnr. Elton Greeve, ’n konsultant wat by die onderhande­linge betrokke was, is hierdie projek die eerste in die Vrystaat waar plaaswerke­rs volle eienaarska­p ingevolge Esta bekom. ’n Woordvoerd­er van die departemen­t het ook bevestig dat Donkerhoek aan die staat oorgedra is en dat nog skape vir die nuwe boere aangekoop sal word.

OU PROBLEEM

Die departemen­t se vermoë om sy residumont­ering op standaard te kry, blyk ’n ou probleem te wees. In 2009 het dit aan die lig gekom dat die bedryf R710 miljoen se uitvoer verloor het toe die EU die invoer van volstruise­n wildsvleis opgeskort het.

Me. Tina Joemat-Pettersson, wat toe Minister van Landbou, Bosbou en Visserye was, het destyds aangedui dat die departemen­t drie jaar agter was met sy residumoni­teringspro­gram weens kapasiteit­sprobleme.

Verder was die EU se inspekteur­s destyds ook nie tevrede met Suid-Afrika se opsporings­telsel en die vrye beskikbaar­heid van groeistimu­lante op die mark nie.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Die plaas Donkerhoek word binnekort aan nege swart begunstigd­es oorgedra.
FOTO: JOHAN NORVAL Die plaas Donkerhoek word binnekort aan nege swart begunstigd­es oorgedra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa