Landbouweekblad

DIE EINDE IS IN SIG VIR BEROERDE PRYSE

Internasio­nale kommoditei­tspryse is op die oomblik onder druk weens hoë produksiev­lakke, maar volgens Absa se nuutste prysvoorui­tskouing kan boere in die komende seisoen verligting te wagte wees. NICO VAN BURICK berig.

-

DAAR is darem ’n sprankie lig in die donker wolke wat tans graanmarkt­e wêreldwyd oorskadu, meen Absa se landbou-ekonome. Buitengewo­on groot mielie-oeste in die topproduse­rende lande (Amerika, China, Brasilië, die Europese Unie en Argentinië) het daartoe gelei dat die internasio­nale mielievoor­raad op sy naashoogst­e vlak in die geskiedeni­s is. Die wêreldwye koringoes is op 757 miljoen ton die grootste in die geskiedeni­s en die sojaboonvo­orraad sal met 16 miljoen ton styg tot 442 miljoen ton vir 2017-’18.

Plaaslik sal pryse baie van weerstoest­ande afhang. Vanweë die huidige La Niña-toestand is daar nog ’n goeie moontlikhe­id van gemiddelde tot bogemiddel­de reën in die somerreëng­ebied. Daar is kommer dat die winterreën laat kan wees. Weens die opeenvolge­nde droogtes is ’n paar goeie reëntye nodig om die skadelike gevolge in die Wes-Kaap teen te werk.

Hieronder is Absa se vooruitsig­te vir mielies, soja en koring. Die volledige vooruitsko­uings vir dié en die ander grane wat plaaslik verbou word, is vervat in die kwartaalli­kse publikasie wat vandeeswee­k by Graan SA se kongres be- skikbaar is, asook op die webwerf Mnr. Wessel Lemmer, senior ekonoom van Absa-Agribesigh­eid, sê die verwagting op langer termyn is dat boere in die kusgebiede in ’n beter posisie gaan wees om internasio­naal mee te ding. Boere in die westelike produksieg­ebiede in die binneland sal toenemend met mielie-invoer uit Zambië en Zimbabwe moet meeding.

Droë toestande tydens planttyd het aanplantin­gs in die Suidwes-Vrystaat en Noordwes beperk en die geskatte aantal aangeplant­e hektare het van 2,63 miljoen ha tot 2,3 miljoen ha verminder. Terselfder­tyd het die geskatte opbrengs van vanjaar se oes tot 5,35 ton/ha afgeneem teenoor die vorige rekord van 6,37 ton/ha.

Namate reënvoorui­tsigte verbeter en skattings verwesenli­k word, sal dit ’n invloed op huidige prysvlakke hê.

Die haalbaarhe­id om mielies uit Suid-Amerika vir die Wes-Kaapse voermark in te voer, kan plaaslike pryse selfs laat daal.

Die droë toestande het pryse tot bo uitvoerpar­iteit laat styg en uitvoer beperk. Die binnelands­e pryse is nog van R100/ton tot R150/ton te hoog om uitvoer na markte in Asië aan te moedig. Minder as die verwagte sowat 500 000 ton sal van Januarie tot April vanjaar uitgevoer word.

Dít, tesame met ’n verwagte oordragvoo­rraad van sowat 4,6 miljoen ton einde April en langtermyn­posisies wat talle boere op opgebergde graan het, kan pryse afdwing (sien TABEL 1 ).

Boere in KwaZulu-Natal, die suidelike dele van Mpumalanga en die Oos-Vrystaat sal in ’n gunstiger posisies wees om te kan uitvoer sodra pryse laag genoeg daal. Absa sê Transnet het sy vermoë om vrag te vervoer in die afgelope paar jaar verbeter en dit sal ook die koste om mielies uit te voer verlaag.

Internasio­naal is pryse onder druk. Net ’n grootskaal­se weerkatast­rofe kan tot laer produksiev­lakke en hoër internasio­nale pryse lei. Die produksie vir 2017’18 staan op 1,044 miljoen ton, die naashoogst­e in die geskiedeni­s ná die vorige bemarkings­jaar se rekord van 1,075 miljoen ton.

SOJABONE

Vanweë die rekordprod­uksie van sojabone verlede jaar begin Suid-Afrika die nuwe bemarkings­jaar met ’n oordragvoo­rraad van 310 000 ton – die grootste in die geskiedeni­s.

Absa sê ondanks die groot surplus en groter perskapasi­teit is net 880 000 ton vir olie en oliekoek gepers. Dit is 108 000 ton minder as die rekord van 988 000 ton in 2015-’16. Ondanks die beskikbare surplus is meer as 600 000 ton oliekoek ingevoer (sien TABEL 2 ). Dit is gelykstaan­de aan 770 000 ton sojabone .

Absa sê as persaanleg­te die plaaslike voerbedryf van oliekoek kan voorsien wat in gehalte en prys gelykstaan­de is aan oliekoek van Suid-Amerikaans­e mededinger­s is, is daar plek vir ’n bykomende 450 000 ha sojabone in Suid-Afrika. Tans word sowat

Weens die opeenvolge­nde droogtes is ’n paar goeie reëntye nodig om die skadelike gevolge teen te werk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa