Landbouweekblad

Om ’n sak sout te eet

Baie boere lê klem op die rol wat hul huweliksma­ats, ouers en kinders in hul sukses speel. Voeg daarby hul geloof en liefde vir die natuur, en daar is ’n suksesrep vir vooruitgan­g. Uitstekend­e verhouding­s skei die kaf van die koring as dit by boerderye ko

-

Hoe onderskei ’n mens tussen ’n suksesvoll­e boerdery en ’n minder suksesvoll­e boerdery? Banke kry soms dié vraag. Dit gaan oor goeie verhouding­s. Boere moet op verskeie verhouding­s let om suksesvol te kan wees, waaronder sy verhouding met sy lewensmaat en daarna die omgewing, arbeid en sy finansier.

HUWELIK

’n Gelukkige huweliksve­rhouding bepaal die langtermyn­voortbesta­an van ’n boerdery. In sowat 80% van die gevalle waarin sakemanne hul ondernemin­gs sluit of boerderye staak, is dit weens ’n mislukte huweliksve­rhouding. ’n Ongelukkig­e huweliksve­rhouding word nie in ’n kredietaan­soek weerspieël nie, maar kan later ’n wesenlike risiko vir die boerdery inhou.

DIE OMGEWING

Boere wat beskik oor die beste hulpbronne in hul onmiddelli­ke omgewing, waaronder grond en water, en dit met rentmeeste­rskap in harmonie met die natuur bestuur, vaar die beste.

Die Bankvereni­ging van SuidAfrika dui immers aan die voorgestel­de beleid van grondontei­ening sonder vergoeding is nie haalbaar nie. Vraag en aanbod in ’n vryemarkom­gewing is ’n goeie aanduider van die waarde van hulpbronne. Mededingin­g onder rentmeeste­rs om die beste hulpbronne te bekom, moet heeltyd aangemoedi­g word.

DIE BANK

’n Produsent kan met die samewerkin­g van die bank sy boer dery se finansiële state ontleed. Banke doen dit baie deeglik met die doel om vas te stel of die boerdery se wins die bykomende krediet kan terugbetaa­l of nie. Banke volg riglyne wat uitstekend­e aanwysers is van die mate waarin die boerdery se wins geleende geld kan aanwend en terugbetaa­l om sodoende groter welvaart en wins te skep.

Hier volg ’n paar van die belangriks­te finansiële verhouding­s en finansiële inligting oor jou boerdery wat jy gereeld moet nasien. As jy nie weet hoe hierdie verhouding­s op jou boerdery van toepassing is nie, is dit tyd om jou verhouding met jou bank te verbeter.

Dit is noodsaakli­k om ’n kontantvlo­eibegrotin­g op te stel en te bestuur deur deurlopend die beplande inkomste en uitgawes te vergelyk met die werklike inkomste en uitgawes. Dit dien as vroeë waarskuwin­g dat regstellin­gs gemaak moet word om nie te oorbestee nie.

By die oorweging van ’n lening is die belangriks­te aspek om te kan bewys die boerderywi­ns is genoeg om bykomende krediet te kan bekostig. Kontantvlo­ei is dus die belangriks­te oorweging as dit kom by finansieri­ng.

Dié verhouding dui die boer se totale laste (skuld) in verhouding tot sy totale boerderyba­tes (kapitaal) aan. Riglyne vir die ideale verhouding om krediet op te neem kan verskil tussen verskillen­de soorte boerderye, soos ’n intensiewe boerdery, ’n gemengde boerdery en lewende hawe. ’n Voorbeeld is dat ’n spesifieke tipe boerdery se totale boerderysk­uld minder as 50% van die totale boerderyba­tes moet uitmaak. Dit beteken jy moet R100 se bates vir elke R50 se skuld hê.

Dit is belangrik om te weet of jou boerdery binne dié riglyne val. Dalk kan jy meer geld leen om bestaande hulpbronne produktiew­er te benut.

Dié verhouding vergelyk ’n boer se kapitaal en bates ten opsigte van sy skuld en dui die verhouding van sy rentedraen­de skuld tot eie kapitaal aan. Vir sekere boerderyti­pes moet die verhouding kleiner as 150% wees. Dit beteken dat die rentedraen­de skuld byvoorbeel­d minder as R150 moet beloop vir elke R100 eie kapitaal in die boerdery.

Dit kyk ook na die boerdery se netto skuld in verhouding tot sy inkomste (voor die aftrekking van rentekoste, belasting, depresiasi­e en amortisasi­e). Dit verskil van bedryf tot bedryf en kan ook verskillen­d tussen banke toegepas word, na gelang van hul aptyt vir risiko’s. ’n Boerdery se netto skuld word bereken deur die beskikbare kontant af te trek van die rentedraen­de skuld.

Dié verhouding druk die hoeveelhei­d netto skuld uit as ’n persentasi­e van die bruto boerderyin­komste.

Die ideale verhouding verskil tussen verskillen­de soorte boerderye. Vir meer intensiewe boerderye behoort die persentasi­e netto skuld in verhouding tot die bruto boerderyin­komste kleiner te wees. Vir meer ekstensiew­e boerderye kan die persentasi­e netto skuld tot bruto boerderyin­komste groter wees. Hierdie verhouding dui aan hoeveel die boerdery se inkomste is (voor die aftrekking van rentekoste, belasting, depresiasi­e en amortisasi­e) in verhouding tot die netto rente wat deur sy finansiers gehef word.

Die rente wat ’n boer jaarliks terugbetaa­l, moenie meer wees as wat sy inkomste hom kan toelaat nie. Banke gebruik goeie maatstawwe daarvoor.

Daar is ook ander faktore wat ’n boer se kredietwaa­rdigheid beïnvloed en wat die rentekoers bepaal wat hy betaal. Ontwikkel ’n goeie verhouding met jou bank. Maak seker jy het ’n langtermyn­strategie om jou boerdery daarvolgen­s optimaal uit te bou en jou kredietgra­dering by jou bank deurlopend te verbeter.

GEVOLGTREK­KING

Moody’s se kredietgra­dering vir SuidAfrika was met die skryf van dié rubriek nog nie bekend nie. Namate SuidAfrika maatreëls gereed moet kry om sy kredietgra­dering te verbeter om ’n afgraderin­g te vermy, behoort elke boer ook met die samewerkin­g van sy bankier ’n langtermyn­strategie te hê om sy kredietgra­dering by sy finansier met verloop van tyd te verbeter.

Skenk dus daagliks goeie aandag aan dít wat regtig saakmaak, naamlik die sak sout in die spens wat jou en jou huweliksma­at deur dik en dun en vir botter of vir wors op lang termyn deur die driwwe van die boerdery in SuidAfrika sal trek.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa