Landbouweekblad

VARS PRODUKTE MET KLIK GEKOOP

-

Die dae is straks getel waar verbruiker­s vrugte en groente in die supermark gaan uitsoek en laat afweeg, betaal en na hul motor stap. Met ’n verwagte toename van 23% in aanlynverk­ope van groente en vrugte élke jaar is die kans goed dat verbruiker­s vorentoe nie eens meer die gerief van hul huis gaan verlaat nie. Hulle gaan bloot met ’n slimfoon seker maak hulle kry hul vyf porsies vrugte per dag in.

Mnr. Rainer Münch is ’n vennoot by Oliver Wyman, wat verantwoor­delik was vir ’n neigingsve­rslag getiteld “Ontwrigtin­g in verspreidi­ng”. Hy meen die internasio­nale mark vir groente en vrugte sal met sowat 6% per jaar groei en dus teen 2030 meer as verdubbel (om op bykans €5 triljoen te staan te kom). Dié groei word grootliks voortgedry­f deur die stygende wêreldbevo­lking en ’n groter wordende middelklas, veral in Asië. Mense is ook meer gesondheid­sbewus, wat hulle vars, pleks van verwerkte produkte laat koop.

Dié meganeigin­gs sal druk plaas op die verskaffin­gsketting om vinniger, buigsamer, presieser en deursigtig­er te wees, het Rainer op die Fruitnet World of Fresh Ideas-konferensi­e gesê. Die konferensi­e het op die vooraand van Fruit Logistica in Berlyn plaasgevin­d.

Dit sal lei tot ’n evolusie van (verspreidi­ngs-)kanale. Hy voorspel aanlynverk­ope van groente en vrugte kan met 23% per jaar groei en teen 2030 sowat 7% van verkope (teenoor 1% tans) uitmaak. “Dit klink nie na baie nie, maar die invloed daarvan gaan baie wyer as net 7% strek.”

Volgens Rainer is daar veral drie gebiede waar ontwrigtin­g in die groente- en vrugtebedr­yf kan plaasvind: logistiek en verspreidi­ng, kleinhande­l en voedseldie­nste.

“Daar is ’n baanbreker genaamd Amazon.com wat die manier waarop sake gedoen word, verander. Ons noem dit kleinhande­l-op-spoed, want hulle is vernuwend en soepel. Die maatskappy stel heeltyd nuwe produkte bekend en brei sy reeks uit om dermiljoen­e produkte in te sluit. Hy is egter ook klantgerig en heeltemal toegespits op klante se behoeftes en hul terugvoeri­ng.”

Rainer sê die opkoms van aanlynverk­ope hou gevolge vir ander spelers – soos produsente – in die verspreidi­ngsketting in.

“In dié nuwe omgewing moet jy die huidige prosesse verbeter en jou oë oophou vir strategies­e vennootska­ppe, want dit gaan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa