Landbouweekblad

SÓ VEG AVOKADO SY PAD OOP TOT IN DIE KALKLIG

- — LUCILLE BOTHA

Geen hipster met selfrespek begin sy dag sonder fyngemaakt­e avokado op roosterbro­od nie (en hy vergeet beslis nie om ’n foto daarvan op Instagram te plaas nie). Die Australies­e eiendomsma­gnaat Tim Gurner het selfs al gesê die avokado-gier is een van die redes waarom jong mense nie huise kan bekostig nie.

Op die onlangse Fruit Logistica in Berlyn is daar verskeie kere na die “avo-fenomeen” verwys. Saam met produkte, soos sagtesitru­s, bessies en neute, het avokado’s superkosst­atus bereik, wat ook ’n beduidende invloed op die wêreldhand­el in vars produkte het.

Maar avokado’s was nie altyd so gewild nie. Dié romerige vrug met sy leeragtige skil het die wêreld eers die afgelope paar jaar oorrompel – en byna ’n revolusie in die vrugtebedr­yf ontketen.

Dit was ’n baie interessan­te reis, vertel mnr. John Valentine, voorsitter van Red Communicat­ions in Brittanje. Sy maatskappy spesialise­er in bemarking en skakelwerk vir die varsproduk­tebedryf en het in 2005 opdrag gekry om avokado’s op die voorgrond te plaas.

“Ons moes natuurlik gaan kyk na die belangriks­te voordele van avokado’s, en dit ís ’n wonderlike produk, met al die goeie vette, foliensuur, kalium en dies meer.

“Ons moes ook gaan kyk hoe verbruiker­s die produk sien, maar ook weet dat verbruiker­s besluite neem op grond van persepsies, en nie noodwendig die werklikhei­d nie,” het hy op die Fruitnet World of Fresh Ideas-konferensi­e in Berlyn gesê.

Destyds het hulle bevind sowat 4 uit 5 verbruiker­s in Brittanje het in ’n jaar se tyd nooit ’n avokado gekoop nie, want hulle het gedink dit is die ongesondst­e vars produk wat bestaan. Die organisasi­e Weight Watchers het dit ook verbied omdat dit te veel kilojoules sou bevat.

“Een ou het dit beskryf as die Mars-stafie van die varsproduk­tebedryf! Ons moes dus die wanperseps­ies regstel en die regte boodskap aan mense oordra.”

Dít het hulle reggekry deur samewerkin­g en geïntegree­rde veldtogte met verskaffer­s en kleinhande­laars. Dit was gerig op opvoeding – die gesondheid­swaarde, wat om met avokado’s te doen en hoe om dit te geniet. Aandeteklu­bs vir kosblogger­s was ook ’n groot treffer.

Daarmee saam het produsente hul bes gedoen om avokado’s se gehalte ’n hupstoot te gee. Tegnologie (wat byvoorbeel­d die rypheidsgr­aad toets), protokolle en kleinhande­laars se standaarde het gehelp om beter produkte op die rak te plaas.

“Die mark in Brittanje het die afgelope vyf jaar met 150% gegroei. Deesdae is daar omtrent nie ’n restaurant in Londen wat nie avokado en geposjeerd­e eier op sy spyskaart aanbied nie,” sê John.

“Produsente het daarop gereageer en daar word tans baie aanplantin­gs gedoen.”

Hy meen die verspreidi­ng in die mark is steeds relatief laag, en daar is nog baie oemf in avokado’s oor.

“Daar is baie mense wat steeds nie avokado’s eet nie. Die groei sal nie hier ophou nie, maar sal aanhou. Dit sal dalk nie 50% per jaar wees nie, maar ek raam dit op sowat 20% tot 25%.”

‘Een ou het dit beskryf as die Mars-stafie van die varsproduk­tebedryf!’

 ??  ?? GatorEggs, ’n slim plan om klein avokado’s te bemark. Elke avokado’tjie is ’n enkelporsi­e wat ’n verbruiker op ’n slag kan eet. Volgens mnr. Gilad Sadan van Navi Co Global, wat dié foto opdieFruit­netWorldof Fresh Ideas-konferensi­e in Berlyn gewys het,...
GatorEggs, ’n slim plan om klein avokado’s te bemark. Elke avokado’tjie is ’n enkelporsi­e wat ’n verbruiker op ’n slag kan eet. Volgens mnr. Gilad Sadan van Navi Co Global, wat dié foto opdieFruit­netWorldof Fresh Ideas-konferensi­e in Berlyn gewys het,...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa