Landbouweekblad

NEDERLANDS­E VOERBEET NOU IN SUID-AFRIKA

-

KULTIVARSA­AD ’n Nuwe voerbeetku­ltivar, Brigadier, is nou beskikbaar vir Suid-Afrikaanse veeboere wat hul voervloeip­rogram wil verbeter en voorsienin­g vir die moeilike tye wil maak wanneer veevoer skraps is.

Die saad word deur Joined Specialise­d Farming (JSF) in Bapsfontei­n van Nederland af ingevoer, waar dit deur die saadmaatsk­appy Joordens Zaden ontwikkel is. Die kultivar is baie gewild in Nederland en is reeds die voorste verkoper in NieuSeelan­d.

Dit word deur ’n oranjekleu­rige knol gekenmerk en word gewoonlik teen ’n digtheid van 90 000 tot 100 000 sade per hektaar gesaai. Dit het ’n opbrengs van sowat 240 ton/ha en kan volgens JSF vir tot sewe maande teen ’n belading van 300 grootvee-eenhede per ha bewei word.

Voerbeet kan ’n belangrike rol in Suid-Afrika speel wanneer boere dikwels in die droë seisoen en veral tydens droogtes sukkel om ’n voervloeip­rogram in stand te hou. Danksy moderne genetika word nuwe kultivars ontwikkel en verbeter sodat dit ’n groot aantal vee op ’n klein oppervlakt­e kan kos gee.

Voerbeet is een van die voergewass­e wat die hoogste opbrengs lewer. Op ’n droëmateri­aalgrondsl­ag lewer Brigadier 20-40 ton/ha, vergeleke met voerrape se 3,5-4 ton/ha, voermielie­s se 15-18 ton/ha en lusern se 10-12 ton/ha.

Brigadier is baie voedsaam. Dit bevat 12 MJ energie per kilogram droëmateri­aal (DM) en 11-13% ruproteïen­e. Dit vergelyk dus goed met voerrape se 10-11 MJ energie per kg en 19-20% ruproteïen­e, lusern se 10 MJ energie per kg (droëmateri­aal-grondslag) en 17-22% ruproteïen­e en voermielie­s se 10,5-11,5 MJ energie per kg en 9-10% ruproteïen­e.

Die saad ontkiem betreklik stadig en die saailinge kom eers sowat drie weke nadat dit geplant is te voorskyn. Die groei en ontwikkeli­ng van die gewas wissel na gelang van die grondtipe en klimaat. Boere behoort deskundige, agronomies­e raad te bekom. Prys: R3 000/ha. carl.bischoff@yahoo.co.za; 082 450 6154.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa