Landbouweekblad

CHRIS VAN DIJK

-

UIERS

Die volgende is moontlike oorsake van uiers wat nie vul nie: Inwendige parasiete. Suboptimal­e voeding voor en nadat die koei gekalf het, veral ’n tekort aan kalsium en proteïene. Kliniese of subklinies­e mastitis. Oormatige stres voor en tydens kalf. Vergiftigi­ng, soos fluoried in die drinkwater.

AFNAME IN MELK

Die volgende is moontlike oorsake van ’n skerp afname in melkproduk­sie: Kliniese of subklinies­e mastitis. Die inname van sekere gifplante. Die inname van mikotoksie­ne (swamme) vanaf die weiding of voer. Te hoë nie-proteïenst­ikstofvlak­ke in die voer. Die oorvoer van veral graan met gepaardgaa­nde suurpens. Vitamiente­korte. Ongebalans­eerde rantsoene, veral vroeg in die laktasie. Infeksie- en bosluisoor­gedraagde siektes. Te min water.

KORT LAKTASIES

Die volgende faktore kan tot kort laktasies lei: Koeie wat oormatig vet is (kondisiete­lling van meer as 4). Ondervoer. Onvolledig­e verwyderin­g van melk. Genetiese oorsake. Die oorsaak van ’n skielike afname in en selfs ’n totale staking van melkproduk­sie is dikwels gekoppel aan een of meer oorsaak.

Die beste mens om hierdie probleem op te los, is die kuddeveear­ts. Hy of sy sal met inagneming van die dier se geskiedeni­s, ’n kliniese ondersoek en laboratori­umtoetse ’n diagnose kan maak en dan die korrekte voorkomend­e maatreëls voorstel en die korrekte behandelin­g voorskryf. Dr. Chris van Dijk is die uitvoerend­e hoof van die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO).

 ?? FOTO: ?? Maak altyd seker jou melkkoeie kry die regte en voldoende voer en skoon water van goeie gehalte. ‘n Gebrek daaraan kan tot ‘n skielike afname in melkproduk­sie lei.
FOTO: Maak altyd seker jou melkkoeie kry die regte en voldoende voer en skoon water van goeie gehalte. ‘n Gebrek daaraan kan tot ‘n skielike afname in melkproduk­sie lei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa