Landbouweekblad

Boergroter,betermet moderne werktuie

Werktuie wat help om hoër opbrengste per hektaar lewer, is ’n manier om die groeiende wêreldbevo­lking te voed. het saam met ’n landboutoe­rgroep die werktuigve­rvaardiger­s Kuhn in Frankryk en Krone in Duitsland, as gas van Rovic Leers SuidAfrika, besoek op

-

Die wêreldbevo­lking sal teen 2050 na raming sowat 9,6 miljard mense wees, wat ’n styging van 24% van 2014 tot 2050 sal beteken. Kosproduks­ie moet teen daardie tyd 70% meer as vandag wees, boonop op ’n beperkte hoeveelhei­d grond. Bewerkbare grond sal net met 70 miljoen hektaar in ontwikkeld­e lande kan toeneem en met 120 miljoen hektaar in ontwikkele­nde lande.

Mnr. Dominique Nicolas (regs), streeksver­koopsbestu­urder van Kuhn, sê 90% van die groei in landboupro­duksie moet met hoër opbrengste vermag word. Werktuigve­rvaardiger­s, soos Kuhn, het ’n groot verantwoor­delikheid om boere te help om dié doelwit te jaag. Dié maatskappy verskaf werktuie aan boere in meer as honderd lande. Kuhn het fabrieke in Frankryk, Nederland, Brasilië, Argentinië en Noord-Amerika, en ook wêreldwyd verskaffer­s en onafhankli­ke invoerders van werk- tuie, waaronder Rovic Leers in Suid-Afrika.

Kuhn bestee 4% van sy inkomste aan navorsing en ontwikkeli­ng. Dit kos drie tot vier jaar om ’n werktuig te ontwikkel, wat die toets daarvan in talle wêrelddele insluit sodat die maatskappy seker kan wees die werktuig kan in alle toestande presteer. Die toergroep het juis gaan kyk na dié nuwe ontwikkeli­ngs.

EVOLUSIE VAN LANDBOU

Die ontwerp en ontwikkeli­ng van moderne werktuie wat inpas by die evolusie van die landbou, is veral belangrik in die moeilike tye wat wêreldwyd deur die land- bousektor ervaar word.

“Die verskaffin­g van werktuie van hoë gehalte alleen is nie genoeg nie. Ons moet ook ons benadering aanpas om klein, mediumgroo­t en groot boere van diens te wees,” sê Dominique.

“Ek is hoopvol oor Afrika. Suid-Afrika is die verwysings­punt met sy goed ontwikkeld­e ekonomie en moderne infrastruk­tuur. Ek het baie deur Afrika gereis om met bedryfslei­ers, handelaars en boere te praat. Die doelwit is om hongersnoo­d teen 2025 in Afrika uit te roei. Net die helfte van Afrika se bewerkbare grond word benut. Die helfte van die onontwikke­lde grond in die wêreld kom op hierdie vasteland voor. Ek is oortuig Afrika sal in die nabye toekoms die wêreld kan voed,” sê hy.

SO SÊ DIE BOERE

Landbouwee­kblad het van die boere op die toer uitgevra oor hul siening van die rol wat moderne tegnologie en metodes in boerdery speel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa