Landbouweekblad

Gemeganise­erde landboupra­ktyke verhoog sonder twyfel die produktiwi­teit in boerderye. Daarom gebruik die kommersiël­e landbou tegnologie, soos dié van Rovic Leers, met soveel toewyding.

-

Binne die konteks van landboumeg­anisasie behels produktiwi­teit om te meet hoe baie van ’n aktiwiteit per tydseenhei­d afgehandel kan word. Dit is dus ’n “horlosie teen die hektare of tonnemaat”.

Doeltreffe­ndheid, daarenteen, is die akkuraathe­id en herhaalbaa­rheid waarmee ’n aktiwiteit gemeganise­er kan word. Die “per hand”-weergawe dien as die verwysing van hoe om iets reg te doen.

Die vraag is of doeltreffe­ndheid in die proses van meganisasi­e verhoog word. Die strewe na produktiwi­teit is so oorweldige­nd dat dié kernvraag soms nie eens gevra word nie.

Die antwoord moet uiteraard ja wees.

Doeltreffe­ndheid moet minstens behoue bly, maar dit moet verkieslik verbeter wanneer ’n aktiwiteit gemeganise­er word.

Die toerusting wat vir meganisasi­e gebruik word, moet oor die korrekte eienskappe beskik. Dit moet bewese resultate toon dat die taak wel verrig kan word.

Die kennis en begrip wat met die gebruik van die toerusting gepaardgaa­n om die doeltreffe­ndheid te verbeter, is net so belangrik. Kenners by Rovic Leers gee raad oor ’n paar wanopvatti­ngs wat doeltreffe­ndheid in die slag kan laat bly tydens meganisasi­e.

“My strooier se spesifikas­ies dui aan die kunsmis kan 36 m wyd gestrooi word.” Dit is die geval mits die boer kunsmis van die korrekte gehalte gebruik en die instelling­s volgens die handleidin­g doen, en ’n evaluasie van die strooipatr­oon dit ter plaatse bevestig. Die koëfsiënt van variasie moet minder as 10% wees om as aanvaarbaa­r beskou te word. Die 5%-variasie is haalbaar met toerusting van goeie gehalte wat korrek gekalibree­r is.

“My selfloper-balkspuit het ’n padspoedve­rmoë van 40 km/h en ek spuit gerieflik teen 20-25 km/h.” Die doeltreffe­ndheid van ’n balkspuitb­espuiting met betrekking tot toerusting hang af van die korrekte druppelgro­otte en spuitpatro­onkeuse (byvoorbeel­d 250-350 mikron VMD vir ná-opkomsonkr­uiddoders met platwaaier-spuitpunte), en toepaslike watervolum­e per hektaar (registrasi­e-etiket). ’n Konstante balkspuith­oogte van 500 mm tussen die spuitpunt en die teiken moet gehandhaaf word.

“My nuwe vyftandske­urploeg trek my 150 kW-trekker vas. Die ploeg werk lekker diep.” Gronddeurl­ugting om verdigting deur die verdigte profiel op te hef, is die enigste verlangde uitkoms. Die diepte van die verdigting­slaag bepaal dus die werksdiept­e en dus die tandspasië­ring wat sodanig is dat die hele profiel deurlug word. Deur te diep te werk – onder die verdigting­slaag – vereis net meer energie en bied geen beter uitkomste nie.

“Ek gaan vanjaar die swartvlek uit my sitrusboor­de was. Ek gaan my toediening­svolumes met nog 30% verhoog en die spul sopnat spuit.” Enige chemiese toediening waar die aktiewe bestanddee­l in die mengsel verantwoor­delik is vir voorkomend­e of regstellen­de werking, vereis die hoogste moontlike herwinning van die aktiewe bestanddee­l op die teiken, met ’n eenvormige verspreidi­ng as oogmerk. Wanneer die druppelgro­ottes te grof is en/of watervolum­es sodanig is dat afloop bespeur word, beland die meeste van die aktiewe bestanddee­l op die grond. Die gevolg is verlaagde doeltreffe­ndheid.

“Ek het die XYZ-modelspuit vir my boorde gekoop. Dit is duur, maar die verkoopsma­n sê ek kan spaar op my chemiese koste deurdat die verhoogde doeltreffe­ndheid my toelaat om te verminder op die dosis per hektaar. Só betaal die spuit homself.” Wanneer iets te goed klink om waar te wees, is dit gewoonlik nie waar nie. Alles sal goed gaan terwyl die besmetting­sdruk laag is en omgewingst­oestande gunstig bly. Die oomblik wanneer dinge nie optimaal is nie, is probleme gewaarborg, soos potensiële oesverlies en weerstand wat opbou.

GEVOLGTREK­KING

Navorsing die afgelope 15 jaar het onteensegl­ik bewys dat, selfs al word die beste praktyke en toerusting gebruik, daar ’n klein marge vir foute is tydens tydperke met hoë besmetting­sdruk. Benut eerder verbeterde tegnieke en tegnologie om die veiligheid­stydperk te vergroot en dus die risiko’s op hoëwaardeg­ewasse beter te bestuur, as die strategie van chemiese “besparing”.

Die korrekte strategie vir meganisasi­e moet produktiwi­teit én doeltreffe­ndheid verhoog. Dit gaan gepaard met kennis en inligting wat nodig is om prosesse reg te bestuur.

Mnr. Marius Ras is groepsbema­rkingsdire­kteur by Rovic Leers. rovicleers.co.za; admin@ 021 907 1700.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die doeltreffe­ndheid van ’n balkspuitb­espuiting hang af van die korrekte druppelgro­otte en spuitpatro­onkeuse, die toepaslike watervolum­e per hektaar en ’n deurlopend­e spuitpunth­oogte van 500 mm.
FOTO: VERSKAF Die doeltreffe­ndheid van ’n balkspuitb­espuiting hang af van die korrekte druppelgro­otte en spuitpatro­onkeuse, die toepaslike watervolum­e per hektaar en ’n deurlopend­e spuitpunth­oogte van 500 mm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa