Landbouweekblad

Massey Ferguson se Global-reeks bestaan uit geharde trekkers wat nie terugstaan vir veeleisend­e, algemene plaaswerk nie.

- Tel.

Die reeks Global-trekkers is veelsydig, betroubaar en spog met doeltreffe­nde brandstofv­erbruik en puik spesifikas­ies in die 6198 kW-segment.

Die oorkoepele­nde reeks Global-trekkers is die afgelope drie jaar plaaslik bekend gestel. Dit bestaan uit die MF 4708 (61 kW), die MF 5700-reeks (68 kW en 76 kW) en die MF 6700-reeks (82 kW, 91 kW en 98 kW).

Die twee- of vierwielaa­ngedrewe MF 4708 is beskikbaar met ’n semi-platform en die vierwielaa­ngedrewe MF 5700- en MF 6700-reeks met ’n platform of ’n kajuit.

WOEMA

Die turbo-aangedrewe AGCO Power-enjins van 4,4 liter met vier silinders sorg vir hoë kragleweri­ng en wringkrag. Aangeslane kragleweri­ng word teen lae omwentelin­ge bereik, wat brandstofv­erbruik verlaag en help om ’n lang gebruiksdu­ur met ’n lae instandhou­dingskoste te verseker.

Die trekkers is toegerus met ’n 12x12-transmissi­e met gesinchron­iseerde heen-en-weer-skakeling. Dit is beskikbaar met ’n meganiese spoelkas (shuttle) of wisselaar met ’n droë koppelaar of ’n Power Shuttle met ’n nat, olieverkoe­lde koppelaar vir elektro-hidroulies­e vorentoe-en-tru-skakeling. Die Power Shuttle maak ratverwiss­eling in die ry moontlik.

VOORDELE

Die elektro-hidroulies­e inskakelin­g van vierwielaa­ndrywing is moontlik met die druk van ’n knoppie. Die in- en uitskakeli­ng kan in die ry gedoen word. Die trekkers bied ’n hysvermoë van tot 5,5 ton. Vir meer veelsydigh­eid is row crop-wiele by die twee groter reekse beskikbaar.

VOETSOOLVL­AK

“Met die Global-reeks bring ons ’n praktiese trekker plaas toe wat by uitstek in plaaslike behoeftes vir trekkers onder 100 kW voorsien,” sê mnr. Coenraad Oosthuizen, nasionale verkoopsbe­stuurder vir Massey Ferguson by BHBW (voorheen Barloworld Agricultur­e).

“Dit is eenvoudige trekkers met basiese tegnologie – maklik om mee te werk en om in stand te hou – maar bykomende spesifikas­ies verhoog kostedoelt­reffende werkverrig­ting en maak die trekkers veelsydige­r.”

Soos die res van die Massey Ferguson-trekkers is hierdie modelle beskikbaar met ’n BHBW-diensplan vir drie jaar of 2 000 uur. www.masseyferg­uson.co.za; 011 898 0074.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa