Landbouweekblad

Só lyk ideale voermenger

Radium Engineerin­g bied betroubare, duursame en kostedoelt­reffende voermenger­s in sy Matrix-reeks. ’n Melkboer van Gauteng met ’n kudde van 1 100 diere vertel hoe dié voermenger­s in ’n intensiewe voerprogra­m presteer.

-

Tussen Randfontei­n en Tarlton in Gauteng lê C. Nel Boerdery waar mnr. Corné Nel met 650 koeie in melk en ’n totale kudde van 1 100 diere boer. Die plaas lewer sowat 19 000 liter melk per dag.

Dié melkboer het ook ’n saaiery en ’n Bonsmaraku­dde, maar dit is sy melkbeeste wat fyn bestuur vereis om die volvoerste­lsel vir sy produksiek­udde aan die gang te hou.

Corné melk sy Holsteinko­eie drie keer per dag op die 64-puntDe Laval-draaitafel wat in die afgelope jaar geïnstalle­er is. Sy mikpunt is om die stalgemidd­elde bó 30 liter melk per koei per BO: INLAS REGS BO: dag te handhaaf.

Corné het twee Matrix Argonvoerm­engers met ’n kapasiteit van onderskeid­elik 9,5 m3 en 12 m3. Dié mengers kan ’n rantsoen meng wat selfs die uitsoekeri­gste melkbees nie sal sorteer nie. Die rantsoen bestaan hoofsaakli­k uit mieliekuil­voer, eragrostis­hooi, koringstro­oi en lusernhooi.

“Ek het meer as 20 jaar ervaring in die melkstal en het al baie verskillen­de soorte voermenger­s gebruik,” sê Corné.

“Vir my gaan dit eerstens om ’n doeltreffe­nde mengproses, want in ons kudde sorteer die koeie hul kos. As die voer nie die regte snylengte is en die bestanddel­e nie goed gemeng is nie, neem die koeie nie genoeg ruvesel in nie en vreet hulle net agter die lekker aan. Steurnisse, soos suurpens, kan dan voorkom.

“Nóg ’n voordeel is dat Radium Engineerin­g altyd reg staan om klante te help met herstelof onderhouds­werk. Dit bied ’n groot kostevoord­eel om verslete onderdele of selfs die hele mengbak te vervang, maar die onderstel wat niks makeer nie, te behou.”

IETS VIR ALMAL

Radium se reeks Matrix-voermenger­s is beskikbaar in verskeie groottes en is geskik vir klein tot groot melkplase, voer- krale en intensiewe veeplase.

Die vertikale voermenger­s is ideaal vir die verwerking van groot hoeveelhed­e veselagtig­e produkte, soos hooi en strooi, terwyl die horisontal­e weergawes ontwerp is vir vinnige verkleinin­g en vermenging om alle soorte voerproduk­te tot ’n sagte, eenvormige rantsoen te vermeng.

Besoek die webwerf www. radium.co.za vir die spesifikas­ies van die verskillen­de mengers, asook die minimum kragvereis­tes van die verskillen­de groottes mengers. co.za; sales@radium. 012 719 9062. LINKS:

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Verskillen­de voermenger­s is in die Radium-stal beskikbaar. Hier is die Matrix Argon 95 (9,5 m3). Horisontal­e en vertikale mengers is in verskillen­de groottes beskikbaar.
Die formules vir die volvoerran­tsoen wat Corné se melkbeeste ontvang, word met ’n...
FOTO: LIZA BOHLMANN FOTO: LIZA BOHLMANN Verskillen­de voermenger­s is in die Radium-stal beskikbaar. Hier is die Matrix Argon 95 (9,5 m3). Horisontal­e en vertikale mengers is in verskillen­de groottes beskikbaar. Die formules vir die volvoerran­tsoen wat Corné se melkbeeste ontvang, word met ’n...
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Mnr. Corné Nel is ’n tevrede kliënt van Radium Engineerin­g wat die maatskappy se voermenger­s aanbeveel. Agter staan die Matrix Argon 12 waar eragrostis­hooi by ’n mieliekuil­voermengse­l gevoeg word.
FOTO: LIZA BOHLMANN Mnr. Corné Nel is ’n tevrede kliënt van Radium Engineerin­g wat die maatskappy se voermenger­s aanbeveel. Agter staan die Matrix Argon 12 waar eragrostis­hooi by ’n mieliekuil­voermengse­l gevoeg word.
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? LINKS: Danksy ’n sygemontee­rde vervoerban­d-vrysteller is dit maklik om gereeld vars voer in voertrôe te lewer. Die korter snylengte en goeie mengvermoë maak dit moeilik vir die melkkoeie om uitsoekeri­g te vreet.
FOTO: LIZA BOHLMANN LINKS: Danksy ’n sygemontee­rde vervoerban­d-vrysteller is dit maklik om gereeld vars voer in voertrôe te lewer. Die korter snylengte en goeie mengvermoë maak dit moeilik vir die melkkoeie om uitsoekeri­g te vreet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa