Landbouweekblad

New Holland bied steeds aan Suid-Afrikaanse boere optimale werkverrig­ting en veelsydigh­eid met die beproefde T7000-trekkerree­ks.

- Scheepers, tel. ;Ockert

Gehalte is die hoofkenmer­k van die Europese reeks trekkers van New Holland wat op internasio­nale vlak bekendheid verwerf het deur verskeie eerbewyse in te palm.

Dié reeks se twee modelle, die T7040 (134 kW) en die T7060 (157 kW), is albei toegerus met New Holland se gevorderde FPT-enjins met ses silinders en elektronie­se brandstofi­nspuiting. Die 6,7 liter-enjins bied ’n verhoging in wringkrag van tot 30% in sekere toepassing­s, soos om dieselfde grondspoed te kan handhaaf teen opdraandes wanneer swaar vragte gesleep word.

Dié trekkers se verkoeling­spakket sluit ’n “vistronic”- elektronie­s beheerde waaier in wat enjinkrag spaar deur net die reg- te hoeveelhei­d lugvloei deur die verkoelers te verseker. Dit vou boonop maklik oop om onderhoud, versiening en skoonmaak te vergemakli­k.

RUS EN VREDE

Die T7000-reeks se lugverkoel­de kajuit is die grootste in sy kategorie met ’n glasgebied van 5,87 m2 vir uitstekend­e visie. Die kajuit sluit dig teen lawaai en handhaaf besonder lae geraasvlak­ke van slegs 69 desibel in die kajuit.

Die operateur se sitplek het lugvering en daar is ook ’n passasiers­itplek. Die beheerpane­el en kontroles is uitgelê met gerief en praktiese uitvoering in gedagte en dra by tot die trekkers se verhoogde operateurs­gerief. Die geslotebaa­n- hidroulies­e stelsel is standaardt­oerusting. Dit lewer 120 liter olie per minuut. ’n Hoëvloeist­elsel wat 150 liter per minuut lewer, is ook beskikbaar as die werktuig dit nodig het.

Die elektronie­s beheerde driepuntst­elsel kan doelgemaak bestel word met silinders van die korrekte deursnit wanneer verhoogde kapasiteit benodig word. Alle driepuntve­rstellings kan moeiteloos vanuit die kajuit gedoen word.

Drie meganies verstelbar­e hidroulies­e kleppe lewer olie soos dit deur die werktuig vereis word. ’n 18x6 Powercomma­nd “full powershift”-transmissi­e en ’n skuifbare kragaftakk­er (540, 750 en 1 000 r/min.) vorm deel van die standaardt­oerusting.

Die reeks is ook opsioneel beskikbaar met die bekroonde “Autocomman­d”-transmissi­e wat operateurs­gerief en veelsydigh­eid tot nuwe hoogtes voer. Dit beteken geen ratskakeli­ngs word tydens versnellin­g gevoel nie, en enige grondspoed is beskikbaar vir optimale benutting in alle toepassing­s.

Die trekkers is die ideale keuse vir spesialist­ake, soos komposteri­ng, waar standaardt­oegeruste kruipratte ’n grondspoed van slegs 330 meter per uur gee.

Die T7060 is toegerus met ’n ten volle geïntegree­rde PLM(precision land management) satelliets­tuurstelse­l. Die T7040 is gereed vir inskakelin­g by só ’n stelsel met die regte bedrading vir koppeling. Die stuurstels­el kan moeiteloos gebruik word danksy ’n vergrote Intellivie­w-vierkleurr­aakskerm.

Die T7040 is as standaard toegerus met breë enkelagter­bande, terwyl die T7060 dubbele agterbande het vir beter vastrapver­moë en flotasie. Danksy ’n kort draaisirke­l is die trekkers die ideale keuse vir planters, asook vir primêre grondbewer­king en saadbedvoo­rbereiding.

Reg by die operateur se pols is hierdie trekkerree­ks met die druk van ’n knoppie programmee­rbaar om draaie op die wenakker uit te voer.

Dit het ook ’n outomaties­e funksie wat meganiese voorwielaa­ndrywing uitskakel wanneer die operateur draai om onnodige slytasie aan die dryflyn van die trekkers te voorkom.

Met New Holland se gepatentee­rde “intellishi­ft”-funksie kan die trekker self die beste rat kies vir optimale werkverrig­ting en brandstofv­erbruik na gelang van die vrag agter die trekker en die posisie van die dieselpeda­al wat ratskakeli­ng feitlik outomaties maak.

Verskeie bykomende kragpunte kan vir toestelle, soos plantermon­itors, in die kajuit aangewend word. ’n Balk waarop die skerms gemonteer kan word, is daarvoor beskikbaar.

BETAALPLAN

New Holland stel finansieri­ng deur ’n landwye handelaars­netwerk beskikbaar deur CNH Industrial Capital met die samewerkin­g van Wesbank. ’n Finansieri­ngsopsie van prima minus 5%* is nou beskikbaar op die T7000- trekkerree­ks. *Bepalings en voorwaarde­s geld. Aanbod geldig tot 31 Maart 2018. Onderhewig aan goedkeurin­g.

 ?? FOTO: NEW HOLLAND ?? Boere kan staatmaak op die werksverri­gting en taaiheid van New Holland se reeks T7000-trekkers. www.newhttp://agricultur­e1. newholland.com/africa/en
082 524 8725.
FOTO: NEW HOLLAND Boere kan staatmaak op die werksverri­gting en taaiheid van New Holland se reeks T7000-trekkers. www.newhttp://agricultur­e1. newholland.com/africa/en 082 524 8725.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa