Landbouweekblad

Danksy ’n afspraak by die Land Bank het ek ’n lewenslang­e vriend ontmoet — met ’n ervaring wat jy moeilik kan oorvertel.

-

Ek en Gert het saam ons tweejaarku­rsus aan die Landboukol­lege Grootfonte­in in 1963 voltooi. Destyds was die gebruik om daarna wol te gaan klas in Volksrust, Wakkerstro­om en Amersfoort se wêreld vir sakgeld en praktiese ondervindi­ng.

BSB (nou BKB) het die werk vir ons gereël. As jy jou skeervloer op ’n Vrydag klaarmaak, bly jy tot Maandagogg­end in die hotel om na die volgende boer te gaan.

So bly ek en Gert in die hotel op Volksrust oor en ’n studentema­at nooi ons vir ’n braai op die Du Plooys se plaas Soetmelkvl­ei in Pongola. Die oom se dogters is mooi en ons geniet die dag terdeë.

So tien jaar later is ek getroud, met twee spruite, en ek besluit om ’n afdeling by Land Bank in Pretoria te gaan raadpleeg. Ek ry vroeg van die plaas af om ’n vlug in Bloemfonte­in te haal na Pretoria. Die plan is om ’n motor te huur en in ’n gastehuis in Pretoria oor te slaap. Ná my afspraak die volgende middag is dit Vrydag terug lughawe en huis toe.

Dit was die plan, maar op die lughawe in Bloem het my ervaring begin. Met my instapkaar­tjie in my hand en my motor in Johannesbu­rg gereël en betaal, bestel ek ’n koppie koffie. Liewer nie bier nie, die maag is dun so vroeg. nare goed.

Hy vra of ek my instapkaar­tjie het en ek wys dit vir hom. Na ’n paar slukke van sy drankie verskoon hy homself en vra my om gou na sy aktetas om te sien. Ek maak planne om hom te ontduik.

Gelukkig roep hulle ons om aan boord te gaan net toe hy terugkeer. Maar terwyl ons opstap sê hy hy het gaan vra dat ons twee langs mekaar op die vliegtuig sit.

Reg voor sit ’n man met hooftooise­ls en ’n soort toga. Dis hoofman Mangosotho Buthelezi, die leier van die IVP, vertel my reisgenoot my. Ek kom agter hy is belese, met baie ondervindi­ng.

Hy vra waar ek gaan bly en hoe ek daar kom. Ek dink mooi, maar wil nie te veel van my bewegings verklap nie. Ek vertel dat ek ’n huurmotor by Avis bespreek het.

Met ons aankoms in Johannesbu­rg, staan die rooirok-vroutjie van Avis toe ook daar. Ek sug van verligting, want nou kan ek ontslae raak van Charl, maar hy stap na haar en gee haar ’n druksoen. Ek is verstom. Hy draai om en stel my voor aan June, sy vrou!

Ek kies koers na die Avis-toonbank, voltooi die dokumente en kry die sleutel van ’n Volkswagen Kewer. By die bagasieban­d wag Charl en June my in, nogal met my oornagkoff­er by hulle. Hulle nooi my sommer om by hulle te kom oorbly en omdat ek nie eintlik verblyf gereël het nie en ’n bietjie verlore voel, stem ek in.

Ek volg die groot Merc tot in Morningsid­e, Sandton, waar ons by die woonhuis indraai. Nou knaag my onderbewus­syn en maak my wys dit is dalk die hoof van ’n sindikaat se woning.

Binne gaan daar trappe af na die “safarikame­r” en ek kry nogal respek vir wat ek daar sien.

Met ’n koue bier in die hand begin ek ontdooi en vra ook vir Charl uit oor waar hy werk, sy kinders en so aan. Hy vertel my hy is die hoofbestuu­rder van die Bank van Lissabon in Suid-Afrika en dat hy in Bedford op ’n plaas in die Oos-Kaap grootgewor­d het.

Hulle het seker besef ek weet

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa