Landbouweekblad

WERK IN 2018 SAAM TEEN DIÉ SIEKTE

-

VANJAAR moet bekend staan as die jaar waarin alle beesboere saamgewerk het om brucellose te bekamp deur alle verse tussen vier en agt maande in te ent, sê dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVasa).

In die Januarie-verslag oor siektes wat deur veeartse in Suid-Afrika aangemeld is, doen hy ’n dringende beroep op boere om verse met die stam 19- of RB 51-entstof in te ent, soos die wet vereis.

“As alle beesboere dit doen, sal die vrystellin­g van brucellose­bakterieë dramaties afneem,” sê hy. Entstowwe moet streng volgens voorskrift­e gebruik word.

Méér inligting is beskikbaar op die webwerf Daar is ook ’n magdom inligting oor hierdie en ander siektes in die rubriek Vra vir Faffa op Landbouwee­kblad se webwerf

Al ent boere hul vee in teen brucellose, moet hulle steeds waaksaam wees en behoorlike biosekerhe­idsmaatreë­ls handhaaf om verdere besmetting te voorkom.

Dit sluit aspekte in, soos om geensins vee te koop wat nie ingeënt is nie en net diere te koop waar die kudde negatief getoets het vir brucellose.

Boere moet ook ’n goeie program vir dieregeson­dheid volg, hekke toe hou en heinings in stand hou om vreemde vee uit te hou.

Vreemde voertuie moet ook nie in veekampe toegelaat word voor dit gewas en ontsmet is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa