Landbouweekblad

DG VIR ROL IN ONTWIKKELI­NG VEREER

- — CARIEN KRUGER

DIE SA Farmers Developmen­t Associatio­n (Safda) het ’n senior staatsampt­enaar vir sy steun en bydrae tot die ontwikkeli­ng van swart klein- en mediumgroo­t boere vereer.

Mnr. Lionel October, direkteurg­eneraal van die Departemen­t van Handel en Nywerheid, is ook vereer vir sy toewyding om die dooie punt in die suikerbedr­yf op te los, sê die departemen­t in ’n verklaring.

Safda was ontevrede omdat hy nie deur die SA Suikervere­niging (Sasa) en die Suid-Afrikaanse Suikerriet­kwekersver­eniging (Sacga) erken is nie. Safda verteenwoo­rdig hoofsaakli­k begunstigd­es van grondhervo­rming, asook die meeste swart suikerriet­boere. Safda het sy saak aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir handel en nywerheid gestel, wat die departemen­t die mandaat gegee het om ’n spoedige oplossing te vind.

Die departemen­t het sedert 2015 daaraan gewerk en was deel van ’n bemiddelin­gsproses wat gelei het tot ’n voorlopige samewerkin­gsooreenko­ms, wat in Desember 2017 onderteken is.

Die proses het ook gelei tot voorgestel­de wysigings aan die regulasies vir die suikerbedr­yf en ’n voorgestel­de nuwe struktuur om as sambreelli­ggaam vir suikerriet­boere te dien.

October sê die departemen­t se ingryping was daarop gerig om die probleme op te los en die belangrikh­eid van ekonomiese transforma­sie in die suikerbedr­yf te benadruk. “Die nuwe ontwikkeli­ngs bied ’n geleenthei­d vir kleinboere om ’n beduidende bydrae tot die ekonomie te lewer.”

Volgens hom het die departemen­t en die portefeulj­ekomitee se ingryping daartoe gelei dat die drie organisasi­es “mekaar gevind het” en hulle daartoe verbind het om saam te werk.

“Safda is nou reg geposision­eer om aandag te gee aan die bekommerni­sse van klein- en mediumgroo­t belanghebb­endes in die bedryf en om sosiaaleko­nomiese ontwikkeli­ngsprogram­me te bevorder wat tot huidige en toekomstig­e lede se voordeel sal strek,” sê October.

 ?? FOTO:NICO VAN BURICK ?? Mnr. Gerhard Scholtemei­jer (links), voorsitter van die Proteïenna­vorsingsti­gting, het op die gesamentli­ke vergaderin­g van die sojaboonwe­rkgroep en die forum vir sonneblomm­e, sojabone en sojavoedse­l in Johannesbu­rg ’n spesiale eerbewys aan ’n student...
FOTO:NICO VAN BURICK Mnr. Gerhard Scholtemei­jer (links), voorsitter van die Proteïenna­vorsingsti­gting, het op die gesamentli­ke vergaderin­g van die sojaboonwe­rkgroep en die forum vir sonneblomm­e, sojabone en sojavoedse­l in Johannesbu­rg ’n spesiale eerbewys aan ’n student...
 ??  ?? Mnr. Lionel October
Mnr. Lionel October

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa