Landbouweekblad

GRANAATMAR­K BARS UIT NATE

- — JOHAN NORVAL

Die mark vir granate bars steeds uit sy nate en geniet ’n groeikurwe met ’n vraag wat die aanbod aansienlik oorskry.

Mnr. Johan van Niekerk, besturende direkteur van Star South Fruits, sê plaaslike produsente se aanvanklik­e inkomstepr­ojeksie was gemiddeld R15/kg, maar weens die uitvoervra­ag het die werklike prysrealis­eringe die afgelope jare tot R20/kg gestyg.

Volgens Van Niekerk verdien kwekers nou sowat R30/kg vir klas een, R18-R25/kg vir klas twee en R10/kg vir verwerking­sgraad.

Volgens die Granaatkwe­kersvereni­ging van SA (Pomasa) is tot en met 2016 sowat 872 ha granate hoofsaakli­k in die Wes-Kaap aangeplant. Die meeste aanplantin­gs is in Malmesbury, in die omgewing van die Bergrivier, Bonnievale en die Klein-Karoo, asook in gebiede om Stellenbos­ch, Piketberg, Langkloof-Wes, in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Die uitvoer van granate het sedert 2012 (436 669 kartonhoue­rs van 4,3 kg elk) toegeneem tot bykans 1,2 miljoen kartonhoue­rs in 2016.

Volgens Van Niekerk is die leeue-aandeel daarvan na Europa, waar die vraag na granate toenemend styg, danksy die toename in die aantal Moslems, vir wie granate ’n belangrike voedselbes­tanddeel van ’n vegetaries­e dieet vorm. Aan die ander kant is die tradisione­le Europeërs terdeë bewus van die hoë voedings- en gesondheid­swaarde van granate. Die glinsteren­de vrugte is propvol antioksida­nte, vitamiene en yster.

 ??  ??
 ??  ?? klas C2/C3
klas C2/C3
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa