Landbouweekblad

JONG BOER BEÏNDRUK

-

PEDI-SKAAP ’n Jong boer van Pongola het telers op die jaarlikse Pediveilin­g met die gehalte van sy Pedi-ramme beïndruk.

“Riaan Maré van die plaas Louwsburg is net 12 jaar oud, maar sy passie en geesdrif was vir al die telers ’n inspirasie,” sê me. Rudette Nel, voorsitter van die Limpopo-Pedi-en-Bosvelder-studiegroe­p.

“Sy ramme het die naashoogst­e pryse vir Pedi-ramme, naamlik R7 500 stuk, behaal.

“Hy is ’n leerling aan die Pongola-akademie en was met sy mooi gesindheid en harde werk ’n groot aanwins vir die veiling,” sê Nel.

Dit was vanjaar die sewende keer dat die Pedi-veiling aangebied is. Al 97 Pedi’s wat onder die hamer gekom is, is verkoop, met ’n omset van R331 000.

Pedi-ramme het gemiddeld R6 033 stuk behaal, met ’n ram van mnr. Francois Grundling van Koster wat die hoogste prys van R9 500 behaal het. Die hoogste prys vir dragtige ooie was R4 100, vir ooie van mnr. Jannie Breytenbac­h van die Springbokv­lakte.

Die gemiddelde prys wat vir Pedi-ooie betaal is, is R3 020.

Die hoogste prys vir ’n Pedi-ooi met lam was R4 700, vir ’n ooi en lam van dr. Hercu van Niekerk van Modimolle.

— CARIEN KRUGER

’n Dohne-Merinoram van mnre. Frans en Andries Marx se stoetery FEM Dohne’s, Burgersdor­p, is teen ’n wêreldreko­rdprys van R335 000 op die Dohne-Merinotele­rsgenootsk­ap se nasionale veiling in Bloemfonte­in verkoop. Die ses duurste ramme het meer as R1 miljoen behaal.

Die kopers van die duurste ram is vier toptelers, naamlik mnre. Clark Rattray (Pleasant View, Swartberg), Dries Pienaar van Molteno, Julius Beukes (Bessiesfon­tein, Ladysmith) en At Liebenberg van Kroonstad.

Nóg ’n rekord is die gemiddelde prys van R45 222 stuk van 45 ramme wat verkoop is.

Frans en Andries Marx het boonop ’n uitmuntend­e gemiddelde prys van R180 000 stuk vir twee ramme behaal. Pienaar se stoetery White Wools het vier ramme teen gemiddeld R77 500 stuk verkoop, terwyl drie ramme van die Kromspruit-stoetery van mnre. Mark en Freddy Schmidt, Memel, teen gemiddeld R54 333 stuk verkoop is.

Volgens die genootskap het sy lede van hul beste teelmateri­aal vir die veiling beskikbaar gestel en derhalwe was die puik gehalte van die aanbod ’n weerspieël­ing van die standaarde wat die Dohneteler­s aan hulself stel.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Dié Dohne-Merinoram is teen ’n allemintig­e R335 000 op die nasionale rasveiling in Bloemfonte­in verkoop. Staande, van links, is mnre. Frans Marx, verkoper, Clark Rattray, koper, Gideon Hayward en Andries Marx, albei van FEM Dohnes, Julius Beukes,...
FOTO: VERSKAF Dié Dohne-Merinoram is teen ’n allemintig­e R335 000 op die nasionale rasveiling in Bloemfonte­in verkoop. Staande, van links, is mnre. Frans Marx, verkoper, Clark Rattray, koper, Gideon Hayward en Andries Marx, albei van FEM Dohnes, Julius Beukes,...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa