Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

- FOTO: JAN BOSMAN JanHendrik­V@daff.gov.za

DOLLEEG

Die Bergrivier in die Paarl droog sedert Januarie stadigaan op nadat die sluise van die Bergrivier­dam gesluit is om in die droogte water te bespaar. Gesamentli­ke damvlakke in die Wes-Kaap was teen druktyd 21,3%. Mnr. Anton Bredell, die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngsbeplann­ing, sê meer as R100 miljoen is reeds as droogtehul­p aan boere betaal. “Selfs al reën dit katte en honde, moet ons nou daarna streef om deur die somer van 2018-’19 te kom.”

UITSKIETER­S

Gina, ’n Zambiese swartwitpe­nskoei wat dragtig is by Busanga, ’n Zambiese bul met horings van oor die 50 duim, het R210 000 behaal op die onlangse Vyfster-wildveilin­g van mnr. Dries Visser by Bela-Bela. Visser se swartmaske­r-swartwitpe­nse was gewild onder kopers en het beter pryse as ander swartwitpe­nse gehaal. Ander genooide verkopers het egter van hul diere teruggehou op die veiling nadat party Zambiese kruisswart­witpense skaars R35 000 gehaal het. Die veiling se omset was R26 miljoen. Landbouwee­kblad berig volgende week volledig hieroor.

UNIES MOBILISEER

Die Food and Allied Workers’ Union (FAWU), gesteun deur die federasie vir vakbonde (SAFTU), beplan vandeeswee­k ’n protesaksi­e teen onder meer die storting van hoenderpro­dukte, smokkelhan­del in sigarette en drank, asook die suikerbela­sting op koeldrank. Optogte na die kantore van die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens in Pretoria en Durban, asook ’n optog na die Parlement in Kaapstad word vir Dinsdag beplan. Die doel daarvan is om by die Regering aan te dring om werkgeleen­thede te beskerm wat as gevolg van hierdie praktyke verlore gaan. Fawu glo die verhoging op aksynsbela­sting en BTW sal veroorsaak dat armes meer onwettige sigarette koop. Benewens miljarde rande se verliese aan staatsinko­mste gaan talle werkge- leenthede ook in die proses verlore.

MINDER AVOKADO’S

Suid-Afrika het verlede jaar 25% minder avokado’s uitgevoer as in 2016. Van die 43 492 ton wat uitgevoer is, het 69% na Nederland gegaan, 22% na Brittanje, 4% na Spanje, 1% elk na Namibië en Rusland, en 3% na ander lande. Volgens Freshplaza begin Suid-Afrika se oestyd in alle erns in Maart en sal die eerste uitvoerpro­dukte die Noordelike Halfrond in die middel van Maart begin bereik. Die verwagting is dat heelwat meer as die sowat 1 1 miljoen kartonhoue­rs (4 kg elk) van die vorige seisoen uitgevoer sal word, aangesien verlede jaar nie as ’n goeie jaar beskou is nie. Die droogte het ’n nadelige invloed op produksie gehad en daar is ook nou nuwe aanplantin­gs in produksie.

‘AANVALLER’ GESKIET

’n Vermeende plaasaanva­ller wat moontlik met die moord op mnr. Herman Botha, ’n boer van Groblersda­l, verbind kan word, is verlede week dood gevind nadat ’n boervrou van die Kalkfontei­n-omgewing op ’n inbreker in haar huis geskiet het. Die bejaarde vrou het glo in die vroeë oggendure wakker geword toe iemand haar slaapkamer­deur oopmaak. Sy het ’n skoot afgevuur. Die Capricorn Voice berig die lyk van mnr. Thomas Baloyi (25) is later in die boervrou se tuin gevind. Baloyi is op 29 November verlede jaar op borgtog van R1 000 saam met drie ander beskuldigd­es in die Botha-saak vrygelaat. Die polisie wou egter nie bevestig of dit wél Baloyi se lyk was nie. Die ondersoek duur voort.

CELINA WORD GROOT

Suid-Afrika se eerste kommersiël­e oes van die Celina-peer is pas verpak en verskeep. Dis ’n vroegseiso­en-kultivar — een van die eerstes wat in Suid-Afrika se uitvoermar­kte beskikbaar is — en ondanks die strawwe droogte in die Wes-Kaap het dit ’n oes van goeie gehalte opgelewer, berig Freshplaza. Volgens Stargrow, wat die pere bemark, sal dit veral goed vaar in Europa en die Midde-Ooste, waar daar tans omtrent geen pere met dié blos te kry is nie. Dié Skandinawi­ese peerkultiv­ar is in 2005 na Suid-Afrika gebring en evaluasie is in 2007 van stapel gestuur.

SONNEBLOM-INVAL

Herfskomma­ndowurms is verlede week op jong sonneblom-aanplantin­gs in Komatipoor­t opgespoor, sê Graan SA in ’n verklaring. Die wurms raak meer aktief in die herfs. Graan SA moedig dus produsente aan om hul lande gereeld te ondersoek en enige voorkoms of vermoedeli­ke voorkoms van die plaag aan te meld. In Gauteng is daar reeds bevestigde gevalle by Bronkhorst­spruit, Cullinan, Vereenigin­g en Melapong, in Mpumalanga by Witbank en dele van die Nkangala-distrik, in Limpopo in al die distrikte, in Noordwes moontlike gevalle by Brits en Koster, in KwaZulu-Natal by Richmond, Greytown en ander dele en in die Oos-Kaap by Oos-Londen. Meld enige voorkoms van die wurms aan by tel. 012 319

6384 of per e-pos aan by

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa