Landbouweekblad

ZAMBIË| Grond vir landbou ’n tameletjie

- — African Farming

Die gebrek aan ’n grondstrat­egie in Zambië maak dit moeilik vir nuwe landbou-ondernemin­gs om grond te bekom waarop hulle kan uitbrei.

Grondverkr­yging is een van die grootste struikelbl­okke vir die nuwe maatskappy Cattle Wealth Management Firm, sê mnr. Joel Chitambala, ’n direkteur van die maatskappy. Die maatskappy verskaf plase en ander veebestuur­sgeriewe aan beleggers en maak dit só moontlik vir enigeen om ’n aandeel in ’n beeskudde te besit.

Die swak infrastruk­tuur en die feit dat BTW op landboupro­uksiemidde­le gehef word, stoot ook die produksiek­oste op, sê hy. Die maatskappy was een van die uitstaller­s op die onlangse AgriTech Expo Zambia.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa