Landbouweekblad

Boervrou wys haar vindingryk­heid met windpomp-wenplan

- JOHAN NORVAL

’N DROOM wat haar laat wakker lê het omdat sy bekommerd was oor haar man, wat windpompe verstel, het tot ’n boereplan gelei. Dit is dié plan wat mev. Dirkie Jerling van Hennenman een van die kategoriew­enners in Graan Suid-Afrika en Om n i as e boere plan kompetisie gemaak het.

Sy en haar man, Stan, het ’n windpomp oplossing vir vanjaar se boere plan kompetisie ingeskryf. Dit bestaan uit’ n verstelbar­e raamwerk wa tas’ n stut dien om ’n windpompto­ring te laat sak sodat verstellin­gs aan die kop gedoen kan word.

“My man moes ’n windpomp in Vanderbijl­park gaan aftakel en hy kon nie sy gebruiklik­e toerusting vir die taak saamneem nie,” sê sy. “Toe het ek voor die tyd gelê en dink aan ’n oplossing. Stan het die volgende oggend my voorstel aanvaar en so ’n hefboomstr­uktuur gebou.”

Landbouwee­kblad het onlangs as mediavenno­ot ingetree om met die samewerkin­g van Omnia as borg die boere plan kompetisie te bevorder.

Chris Burgess, hoofredakt­eur van die tydskrif, sê hy is opgewonde om aan dié projek deel te neem, veral aangesien boereplan-artikels in Landbouwee­kblad soveel aansien geniet en ook as ’n jaarlikse handelsmer­k uitbreidin­g uitgegee word.

“Daar is ’n rede hoekom die gesegde ‘ ’n Boer maak ’n plan’ so baie waarde het, want boere maak werklik praktiese planne.”

Die wenner in die afdeling vir nuwe masjinerie, werktuie en landbou toerusting is mnr. Nico Jacobsz van die plaas Midlands, Wesselsbro­n, met sy ontbosser.

Die wenners in die ander afdelings is mnre. Wayne Birch van Thabazimbi met sy verskuifba­re wildvangbo­ma (veranderde masjinerie, werktuie en toerusting), Chris Davel van Johannesbu­rg met sy beveiliger teen dieseldief­stal (aangepaste gereedskap) en Bertus Goosen van Matlakeng in Botswana met sy boomsnoeie­r (aangepaste tuintoerus­ting).

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Mev. Dirkie Jerling van Hennenman op die voorgrond by haar man, Stan, wat hul boereplan om ’n windpompsk­ag tot op ’n werkbare hoogte te laat sak, met ’n skaalmodel illustreer.
FOTO: JOHAN NORVAL Mev. Dirkie Jerling van Hennenman op die voorgrond by haar man, Stan, wat hul boereplan om ’n windpompsk­ag tot op ’n werkbare hoogte te laat sak, met ’n skaalmodel illustreer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa