Landbouweekblad

Brandstof: Prysstygin­g kos landbou R1 miljard

- — NICO VAN BURICK

DIE kwaai brandstofp­rysverhogi­ngs wat verlede week in werking getree het, gaan die landbousek­tor kort duskant R1 miljard per jaar aan bykomende produksiek­oste uit die sak jaag.

Die prys van petrol het Woensdag met 82c/liter gestyg en die groothande­lprys van diesel met 85c/liter tot 87c/liter. Dit beteken petrol kos nou ’n rekordhoë R15,79/liter in die binneland en R15,20/liter in die kusgebiede. Diesel se groothande­lprys wissel van R13,70/liter tot R14,19/liter – ook die hoogste pryse tot nog toe.

Mnr. Paul Makube, senior landbou-ekonoom by FNB Agri-Besigheid, sê die hoër ruolieprys is ’n dubbele terugslag vir boere weens die invloed op die brandstofp­ryse, asook die olie-neweproduk­te wat vir ander produksiem­iddele, soos kunsmis en plaagdoder­s, gebruik word. “Die somer is verby. Die oesproses is in volle gang met 3,85 miljoen ha wat gestroop word, asook ’n bykomende 500 500 ha koring wat nou in die Wes-Kaap geplant word.

“Dit kan maklik ekstra uitgawes van meer as R153 miljoen beteken. Aangesien landboupro­dukte hoofsaakli­k padlangs vervoer word, beteken brandstofp­rysverhogi­ngs ’n kleiner wins vir boere,” sê hy. Vervoermaa­tskappye gaan ook kwaai getref word. Meer as 80% van alle graan word byvoorbeel­d padlangs vervoer. Makube sê hierdie koste sal mettertyd van verbruiker­s verhaal word.

PRYSDRUK

Met betreklik groot oeste wat verwag word en groot oordragvoo­rrade sal pryse onder druk bly tot voordeel van verbruiker­s. Makube sê daar is ook berigte dat groot olieprodus­erende lande, soos Saoedi-Arabië en Rusland, hul olieproduk­sie wil opstoot. Dit kan oliepryse afdwing en verdere brandstofp­rysverhogi­ngs voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa