Landbouweekblad

ESKOM ‘DINK BURGERS IS ONNOSEL’

- Wes-Kaap

Die nuusberig “Eskom kan homself in voet skiet met tariefverh­oging” (LBW, 27 April 2018) het betrekking.

Ek wil graag by mnr. Deon Conradie, senior bestuurder vir elektrisit­eitspryse by Eskom, uitvind of hy dink dat ons as landsburge­rs onnosel is. Hoe kan hy sê dat Eskom nie in ’n geldelike gemors is weens wanbestuur, korrupsie en staatskapi­ng nie?

Indien Eskom gesonde sakeprakty­ke toegepas het, sou hy nie nou moes rondskarre­l vir geld nie en sou hy nie landbouers onder verdere druk geplaas het nie.

Ek kan nie glo dat Eskom nie kan besef dat indien meer landbouers van alternatie­we kragvoorsi­ening gebruik maak, sy inkomste nog verder gaan krimp nie.

Conradie sê voorts dat die Nasionale Energiereg­uleerder van Suid-Afrika (Nersa) seker maak dat slegs elektrisit­eitskoste deur die regulatori­ese rekeningsk­laring-aansoek (RCA) verhaal word. Verklaar dan asb. vir my waarom vaste koste ook verhoog word en nie net elektrisit­eiskoste nie indien Nersa ’n verhoging goedkeur.

En hoe is dit dan dat die Nersa-paneel by die openbare sittings nie geweet het wat vaste koste behels nie?

Ek is net ’n doodgewone huisvrou (’n landbouer se vrou), maar ek, soos vele ander, is nie onnosel nie.

Eskom, kry jul huis in orde! AMANDA STEYN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa