Landbouweekblad

Kleinboere onbewus van Afrika-varkgriepr­isiko's

- — JOHAN NORVAL

DIE uitbreking van Afrikavark­griep by Springbok in die NoordKaap word as ’n geïsoleerd­e geval beskou, maar die varkbedryf en die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het verskeie maatreëls getref om die verspreidi­ng daarvan te beperk.

Sowat 60 varke is teen druktyd van kant gemaak ten einde die verspreidi­ng daarvan te voorkom.

Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het in ’n verklaring bekend gemaak dié aanmeldbar­e siekte het voorgekom by 39 varke wat van Kimberley na Springbok vervoer is.

As ’n voorkoming­smaatreël is al die varke wat siek voorgekom het, van kant gemaak. Daar was sowat 80 ander varke op die eiendom.

Epidemiolo­giese ondersoeke word tans gedoen om vas te stel of die virus op die varkplaas verband hou met vorige uitbreking­s van varkgriep in die land.

Dié uitbreking kom buite die beheergebi­ed van Afrikavark­griep voor. Die beheergebi­ed sluit bykans die hele Limpopo, asook dele van Noordwes en die noordooste­like dele van Mpumalanga in.

RISIKO’S

Dr. Peter Evans, voorsitter van die Varkveeart­sverenigin­g, het die eiendom by Springbok besoek en sy kommer uitgespree­k oor die gesondheid­srisiko’s van diere in landelike gemeenskap­pe.

“’n Groter bewuswordi­ng sal onder kleinboere gevestig moet word om siektes, soos varkgriep, hok te slaan,” sê hy. “Gelukkig handhaaf die meeste kommersiël­e varkboere die nodige maatreëls om die verspreidi­ng van die siekte te beperk.”

Dié varkgriep veroorsaak erge bloeding en gaan met hoë koors gepaard. Meestal vrek ál die besmette varke. Die siekte kan vinnig in ’n trop versprei en diere binne tien dae laat vrek.

Varkgriep tas nie mense aan nie. Die siekte word versprei deur kontak met besmette varke of besmette afvalkos.

Boere en spekulante word aangeraai om varke slegs by betroubare verskaffer­s of op veilings te koop.

Afvalkos moet ook vooraf ’n uur lank gekook word as voorsorgma­atreël teen die varkgriepv­irus of ander siektetoes­tande.

Ingevolge regulasie 20 van die departemen­t se voorlopige veterinêre prosedurel­e kennisgewi­ng rakende die bekamping van Afrikavark­griep word die vervoer van wilde varke ook beheer.

Dié beheer geld die verskuiwin­g van lewende vlakvarke, bosvarke en wildevarke, asook produkte en karkasse, wanneer dit in of vanaf Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, KwaZuluNat­al en Gauteng vervoer word.

Dit behels onder meer dat dié diere vooraf vir Afrikavark­griep getoets en teen uitwendige parasiete behandel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa