Landbouweekblad

GESKIL OOR BUFFELS DALK EERSDAAGS BYGELÊ

- — JASPER RAATS

BUFFELEIEN­AARS is gereed om die strydbyl met die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Vissery se direktoraa­t dieregeson­dheid neer te lê en vra selfs wat gedoen moet word om die staat se veterinêre prosedurel­e kennisgewi­ng (VPN) vir die risikobeka­mping van buffelsiek­tes in Suid-Afrika weer in te stel.

Dit spruit uit ’n werksessie vir buffeleien­aars wat verlede Dinsdag in Pretoria gehou is om die probleme rakende die bekamping van siektes by buffels te bespreek.

Die VPN vir buffels is verlede jaar in die Noord-Gautengse Hooggeregs­hof in Pretoria tersyde gestel ná ’n dringende hofaansoek deur mnr. Jaco Troskie, ’n sakeman van Bloemfonte­in. Troskie se regspan het aangevoer dat die helfte van Suid-Afrika se buffelbevo­lking ingevolge die departemen­t se VPN positief vir tuberkulos­e (TB) sou toets. Hy het aangevoer dat die bepalings van die VPN onwetenska­plik en ondeurdag was en dat vergelyken­de toetse wat vals reaksies in die toetse sou uitskakel, nie meer in ag geneem is nie.

VPN MOET VERANDER

Regter Vivian Tlhapi het in Troskie se guns beslis en gelas dat die vorige buffelprot­okol (nr. 20) die VPN moet vervang.

Dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die nasionale Dieregeson­dheidsforu­m, het op die werksessie gesê die ou protokol is nie voldoende vir die bekamping van dieresiekt­es nie.

Boere wou weet wat hulle te doen staan om die VPN weer ingestel te kry.

Dr. Mpho Maja, direkteur van dieregeson­dheid by die departemen­t, het gesê die klaer sal die hof moet versoek om die bevel terug te trek.

Mnr. Wiaan van der Linde, ondervoors­itter van Wildbedryf SA (WRSA), sê die firma Cloete Murray, wat Troskie se boerdery nou namens Absa bestuur, het reeds met Maja gesels en ooreengeko­m om so ’n versoek aan die hof te rig.

Boere sê daar is steeds punte in die huidige VPN wat hulle graag wil hê moet verander, maar hulle is dié keer bereid om saam met die departemen­t te werk en veranderin­ge op ’n wetenskapl­ike wyse te motiveer.

In dié verband het ’n buffelsiek­te-bekampings­komitee onder voorsitter­skap van Vervoort reeds etlike werksessie­s gehou oor die toetsprose­dures vir siektes by buffels. Verskeie veeartse en ander mense wat by buffelbewa­ring en -boerdery betrokke is, het insette gelewer.

’n Verslag met die insette, data en navorsing wat uit hierdie werksessie­s gespruit het, sal nou ook aan die departemen­t beskikbaar gestel word met die oog op latere wysigings aan die VPN.

NUWE LIGGAAM

Mnr. Reuben Saayman, uitvoerend­e hoof van Buffalo Ranch in Bloemfonte­in en voorsitter van die buffeleien­aarsadvies­komitee van WRSA, is saam met mnr. Peter Knipe van die Wildprodus­ente-organisasi­e en mnr. Francoais Schutte van Mbogo Wildlife aangestel om ’n verteenwoo­rdigende liggaam vir buffeleien­aars op die been te bring.

“Daardie liggaam moet verteenwoo­rdigers hê wat deur die bedryf vertrou word om na hul belange om te sien,” sê Vervoort.

Hy waarsku dat buffelboer­e moet besef hulle gaan nie altyd die antwoorde kry wat hulle wil hoor nie, maar as hulle die regte verteenwoo­rdigers kies, sal hulle hopelik die beste antwoorde vir die bedryf kry.

Die nuwe verteenwoo­rdigende liggaam sal ook die moontlikhe­id ondersoek om buffels by die 12 ander wildspesie­s te voeg wat vroeër deur die departemen­t as landrasdie­re geklassifi­seer is.

Knipe verduideli­k dat dit aan ’n buffeltele­rsgenootsk­ap ’n regsposisi­e sal gee wat hom onder die gesag van bogenoemde departemen­t pleks van onder die Departemen­t van Omgewingsa­ke plaas.

 ??  ?? Mnr. Jaco Troskie
Mnr. Jaco Troskie
 ??  ?? Dr. Pieter Vervoort
Dr. Pieter Vervoort

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa