Landbouweekblad

Landwye naspeurbaa­rheid ‘binne vyf jaar moontlik’

- — JOHAN NORVAL

DIE boer moet die verantwoor­delikheid vir die veiligheid en gehalte van sy produk aanvaar totdat dit op die verbruiker se bord beland.

Dít was die boodskap van dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die nasionale dieregeson­dheidsforu­m op die jaarkongre­s van die Noord-Kaapse Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) in Kimberley.

Hy sê indien ’n identifika­siestelsel vir alle individuel­e vee nie vir Suid-Afrika ingestel word nie, sal die boere hul marktoegan­g verloor.

Hy het ook gesê die Suid-Afrikaanse rooivleisb­edryf moet hom nie blind staar teen die verbruiker in die buiteland nie, aangesien Suid-Afrikaanse verbruiker­s ook op ’n veilige naspeurbaa­rheidstels­el aandring wat vertroue inboesem.

“Die plaaslike verbruiker dring ook aan op inligting oor waar sy kos vandaan kom, hoe dit verbou is en al die aspekte wat met veilige voedselpro­duksie gepaardgaa­n. Derhalwe is die vleisbedry­f se kode van beste praktyke ook van belang,” sê Vervoort.

Hy sê die ander belangrike aspek van naspeurbaa­rheid is die monitering van dieregeson­dheid, wat regstreeks verband hou met toegang tot uitvoermar­kte, en die verbruiker wat wil weet dat die kos op sy bord heilsaam is.

KOÖRDINASI­E

Mnr. Koos van der Ryst, nasionale voorsitter van die RPO, sê die veebrandme­rkstelsel ingevolge waarvan die eienaar van ’n dier geïdentifi­seer word, bestaan reeds. “In die geval van ’n naspeurbaa­rheidstels­el word die individuel­e dier geïdentifi­seer, wat die bekamping van veediefsta­l bevoordeel,” sê hy.

Hy waarsku egter dat die brandmerks­telsel en herregistr­asie van vee-eienaars eers verbeter moet word voordat naspeurbaa­rheid op nasionale vlak ingefaseer kan word.

“Daar bestaan al ’n klomp hulpmiddel­s van die beoogde stelsel, maar dit is nog nie gekoordine­er nie. Abattoirs wat vleis aan die groot winkelgroe­pe lewer, bedryf reeds elemente van naspeurbaa­rheid. Om die stelsel omvattend in te stel, behoort nie té moeilik te wees nie.”

Volgens Van der Ryst se beraming sal ’n nasionale naspeurbaa­rheidstels­el oor minstens vyf jaar in bedryf gestel kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa