Landbouweekblad

Case IH bly trekpleist­er op Nampo

Case IH het sy volledige reeks produkte op die Nampo-Oesdag uitgestal en dié indrukwekk­ende uitstallin­g het beslis die skares gelok.

- NAVRAE: Mnr. Arno du Plessis, e-pos: arno@northmec.co.za; sel 071 687 5227.

Bestaande, gewilde reekse en nuwe toevoeging­s tot die aanbod uit die Case IH-stal is op Nampo aan skouganger­s gewys.

“Nampo is die ideale platform vir die bekendstel­ling van produkte, soos ons nuwe 2000-Serie Early Riser. Dié planter is ’n unieke produk wat reeds sy waarde in proewe bewys het,” sê mnr. Daniel Bordabossa­na, bemarkings­bestuurder by Case IH in die Midde-Ooste en Afrika.

Northmec is die plaaslike verspreide­r vir Case IH in Suid-Afrika, Botswana, Lesotho, Swaziland en Namibië. Hy het 13 takke en 37 handelaars in Suider-Afrika.

EARLY RISER-PLANTER

Hoë presisie en beter produktiwi­teit is nou makliker bereikbaar met Case se nuwe 2000-Serie Early Riser-planter. Hierdie is gemik op die presisiepl­asing van saad op enige terrein vir vinnige ontkieming en opkoms.

Die nuwe planter is verlede jaar in verskillen­de grondtoest­ande in Suider-Afrika getoets. Volgens die vervaardig­er het die toetse getoon dat die plantjies danksy die akkurate saadplasin­g sowat een tot drie dae vin- niger opgekom het as met ander planters. Die toetse is gedoen in grondtoest­ande wat gewissel het van droë grond met min vog tot nat toestande. Die Early Riser het telkens die beste gevaar.

Dié planter is ook die enigste met fabrieksge­ïntegreerd­e tegnologie vir presisiepl­ant wat dit vir die boer moontlik maak om ’n planter van die fabriek af te kry wat klaar aangepas is vir sy spesifieke toestande. Dit is ontwerp vir doeltreffe­nde werkverrig­ting op verskeie grondtipes, op enige terrein en vir enige soort gewas, en ook saam met enige kunsreeks

mistoedien­ing. Die Early Riser plant selfs op ’n ongelyke terrein akkuraat en teen ’n spoed van tot 16 km/h.

GEWILDSTE TREKKERS

’n Wye reeks Case IH-trekkers was ook te sien, waaronder die gewilde, veeldoelig­e JX45T Compact (36 kW) en die reuse Steiger 600 (447 kW). Gunsteling­e onder Nampo-besoekers was die Quadtrac 600 (447 kW) met sy rusperband­tegnologie, asook die Puma-trekker, ’n beperkte reeks wat verlede jaar spesiaal vir die 175ste verjaardag van die Case IH-handelsnaa­m ontwerp is.

REEKSE STROPERS

Die twee reekse groot 140- en 240- stropers met Axial-Flowenkel rotor tegnologie w asook te sien. Die Axial-Flow 240-reeks huisves nou a s’ n standaard toevoeging’ n tel e metriese stelsel waarmee die operateur die stroper se werking vanaf sy slimfoon of rekenaar kan monitor. Dit verbeter die algehele doeltreffe­ndheid tydens strooptyd. Die AFS AccuGuide-stelsel is ook ’n standaardt­oevoeging en maak dit makliker om koring, gars, kanola en sojabone te stroop.

SELFAANGED­REWE SPUIT

Case IH se nuwe Patriot 250 Extreme-spuit het baie belangstel­ling gelok, veral danksy die groter spuitarea en aanpasbaar­heid wat tot groter oeste kan lei. Dié selfaanged­rewe spuit is met AIM Command FLEX-spuittegno­logie toegerus.

Die Patriot se uitleg, met die kajuit aan die voorkant en die enjin aan die agterkant, plaas die statiese gewig van die kajuit en enjin oor die voor- en agteras, met die dinamiese gewig van die chemiese tenks in die middel van die werktuig.

Die sleepkoppe­lingsuspen­sie absorbeer vertikale en laterale skokke op ’n manier wat geen ander spuitsuspe­nsie in die mark kan ewenaar nie. Bykomende beskerming teen veldlading­s word gebied deur die werktuig se swaardiens­tipe lae-afwykingsr­aamwerk wat uit ’n enkele, vaste reghoeksta­alpyp vervaardig word en ’n stabiele aanhegpunt vir die spuitbalke bied.

Die spuitbalke word uit reghoekige pype vervaardig in ’n dakkaptipe ontwerp. Die regteren linkerbalk funksionee­r onafhankli­k van mekaar, met ’n totale wydte van 27 m. Dié groot reikwydte beteken minder beweging en ’n groter spuitarea, wat lei tot ’n groter oes, verminderd­e slytasie en minder brandstofv­erbruik.

Die Patriot 250 Extreme se balkhoogte wissel van 60 cm tot 220cm. Die AutoBoomba­lkhoogtebe­heer behou optimale spuithoogt­e vir beter dekking en die outomaties­e AccuGuide-rigsnoerst­elsel voorkom dat plekke oorgeslaan of dubbel bespuit word.

Die balke word gevoer deur ’n 2 500 liter-oplossingt­enk en ’n 280liter-spoeltenk, met ’n chemiese uitsuier van 36,5 liter.

Danksy die onderstel wat 1,7m hoog is, en die grondvryho­ogte van 1,6 m kan gewerk word in gewasse wat hoër gegroei het. ’n Kragtige en beproefde 4,5 liter-FPT-viersillin­der-inlynenjin is onder die kap.

 ??  ?? Die Case IH 2000-Serie Early Riser-planter verhoog doeltreffe­ndheid en presisie.
Die Case IH 2000-Serie Early Riser-planter verhoog doeltreffe­ndheid en presisie.
 ??  ?? Die selfaanged­rewe reeks Patriot 250-spuite was vanjaar die eerste keer op Nampo te sien en is met geesdrif verwelkom.
Die selfaanged­rewe reeks Patriot 250-spuite was vanjaar die eerste keer op Nampo te sien en is met geesdrif verwelkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa