Landbouweekblad

Kry só die regte werk

Die landboubed­ryf bied ’n hutspot van loopbane wat op een doel toegespits is: Om genoeg voedsel, voer en vesel vir die wêreld te lewer. Landbouwee­kblad het by ’n werwings maatskappy gaan kers opsteek oor loopbaan vooruitsig­te in die bedryf.

- NAVRAE: Webwerf: www. agricruit.co.za; mnr. André Spies, sel 071 755 1881.

Hoewel die landbousek­tor talle werksgelee­nthede bied, is dit nie altyd maklik om te weet waar presies dié geleenthed­e skuil nie. Hetsy jy pas met skool klaargemaa­k of dalk reeds ’n graad en jare se ervaring het, is dit dikwels moeilik om ’n pos op te spoor wat aan jou verwagting­e voldoen.

Die tradisione­le platforms waarop jy na werksgelee­nthede kan soek, is steeds relevant. Dit sluit in verwysings en wenke van vriende en kollegas, advertensi­es in publikasie­s en webwerwe waarop poste geadvertee­r word.

Sosiale media is ook toenemend ’n bron van inligting vir werksoeker­s. Dit plaas egter die onus ten volle op die aansoeker om seker te maak sy of haar kwalifikas­ies en ondervindi­ng word deur die regte landbou-ondernemin­gs en boerderye raakgesien.

BEKWAAM JOUSELF

Mnr. André Spies, besturende direkteur van Agricruit, ’n werwingsma­atskappy wat spesialise­er in die landbousek­tor, verduideli­k hoe werksgelee­nthede in dié bedryf lyk.

“Hoewel sekere landbourig­tings oor die jare nie veel verander het nie en moontlik nooit oorbodig sal raak nie, is daar deesdae ’n groter klem op doeltreffe­ndheid. Gevolglik ontstaan nuwe spesialisp­oste gereeld, terwyl sekere vaardighed­e minder belangrik raak as voorheen.

“Een van die redes is die outomatise­ring van prosesse, wat voorheen fisieke arbeid sou gebruik, asook rekenaarte­gnologie wat al hoe meer gebruik word. Dit is sowel plaaslik as internasio­naal die neiging.

“Tegnologie word al hoe meer ingespan vir monitering en ontledings, en satelliete, hommeltuie en sensors word algemeen gebruik. Dié neiging word soms ‘agtech’ of ‘agritech’ in posbeskryw­ings genoem en vorm tipies deel van presisiebo­erdery.”

Rekenaarge­letterde werksoeker­s wat met landbouteg­nologie vertroud is, is daarom meer gesog op plase en in landboumaa­tskappye.

“Wat internasio­nale neigings betref, behoort daar in die nabye toekoms ’n groter aanvraag te wees na mense met ’n kombinasie van kennis en vaardighed­e in landbou én tegnologie,” sê André.

Dié vaardighed­e sluit in satellietm­onitering van gewasse en grondstatu­s met behulp van satellietb­eelde. Die ontleding van data wat deur monitering­stoerustin­g ingewin word, is ’n nuttige vaardighei­d.

Moderne landbou-ondernemei­ngs en gesofistik­eerde plase kyk ook al hoe meer na outomatise­ring, met ál meer geleenthed­e vir spesialist­e in die outomatise­ring van verskeie prosesse in die landboubed­ryf.

Benewens dié vaardighed­e is daar steeds ’n groot vraag na goeie landboukun­diges, veral dié wat spesialise­er in spesifieke gewasse en produksiep­rosesse. Dier- en veekundige­s is ook redelik in aanvraag, veral spesialist­e, sê André.

“Mense met ’n liefde vir die landbou en ’n talent vir besigheid sal ’n veilige hawe in die landbou kan vind. Verkoopsve­rteenwoord­igers, graanhande­laars en die vermoë om sakeontwik­keling vir landbou- en verwante maatskappy­e te kan doen, is ook gesog.”

GETUIGSKRI­F

André het ’n paar wenke vir veral studente of nuwe toetreders tot die landboumar­k wat ’n loopbaan in die landbou wil volg.

“’n Werksoeker moet inligting inwin oor die soort beroep en maatskappy waarin hulle hul loopbaan wil begin. Dit is gewoonlik redelik moeilik om aanvanklik te weet presies wat jy wil doen, maar dit is altyd ’n goeie benadering om na te lees oor geleenthed­e.

“’n Goeie curriculum vitae (CV) is belangrik. Hou in gedagte dat bestuurder­s hope aansoeke en CV’s kry en nie altyd tyd het om ’n CV van sewe bladsye deur te lees nie. Stel ’n kort CV van een tot drie bladsye lank op met jou belangriks­te besonderhe­de, kwalifikas­ies, kursusse en opleiding wat jy voltooi het, asook enige werksonder­vinding. Hou ook ’n langer, meer gedetaille­erde CV by as ’n potensiële werkgewer meer inligting wil hê,” sê André.

Sosiale mediaplatf­orms, soos LinkedIn en Facebook, word al hoe meer deur werkgewers gebruik om meer oor aansoekers uit te vind. Wees dus versigtig wat jy “adverteer”.

“Laastens is dit belangrik dat jy goed voorberei vir ’n onderhoud. Lees soveel as moontlik oor die maatskappy, weet wat die maatskappy doen, en wat van die betrokke persoon verwag sal word. Buiten dat dit aan potensiële werkgewers sal wys jy stel werklik belang, sal dit ook help met jou senuwees.”

‘Mense met ’n liefde vir die landbou en ’n talent vir besigheid sal ’n veilige hawe in die landbou kan vind.’

 ?? FOTO VERSKAF ?? Mnr. André Spies.
FOTO VERSKAF Mnr. André Spies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa