INTEGREER BIOLOGIE MET CHEMIE
Vir die vennote mnre. Callie Wolfaardt en Ian Grummbacher is daar nie ’n rigiede resep vir plaagbestryding nie. Hulle volg ’n geïntegreerde plaagbestryding strategie (IPM), “en monitering is die ruggraat daarvan,” sê Callie.
“Voedselgehalte en -veiligheid is twee van die kernaspekte van voedselproduksie, maar wurms steur hulle nie aan wat supermarkte en verbruikers verwag nie.”
Die IPM behels die gebruik van kweekoplossings, soos pasgemaakte praktyke en verskillende plantspasiërings vir sekere tye van die jaar, biologie en chemie. “Die gebruik van lokvalle, feromone, weerstasie-inligting en fisieke monitering van die gewas verseker dat akkurate data oor plaagdruk ingesamel word. Daarmee kan ons ingeligte besluite oor die regte strategie neem,” sê.
“’n Deel van hierdie IPM is biologiese oplossings, soos Bolldex van Madumbi (reg.nr. 8895), wat geregistreer is vir die bekamping van bolwurm, ’n potensieel verwoestende plaag by slaai. Saam met die biologiese benadering word daar ook selektief en verantwoordelik chemiese middels, soos Runner 240 Sc van Dow AgroSciences (Corteva Agriscience, reg.nr. L7779) en Ampligo van Syngenta (reg.nr. L8685) gebruik,” sê Callie.