Landbouweekblad

SLIM SLOT VIR PLAASHEKKE

- NAVRAE: Webwerf: www.traosspad dock solutions. com.au of https:// goo.gl/y2AZRQ

’n Australies­e boer het vanjaar met dié slim hekmeganis­me voorendag gekom. Sy video wat wys hoe ’n plaashek wat toeswaai, vanself toeklik en sluit, was ’n treffer op sosiale media.

Die ontwerper, mnr. Ross Baum, werk op ’n perdeplaas in Victoria, waar hy heeldag en aldag hekke teëkom wat met kettings toegehou word.

’n Perdeskoen het hom die idee van ’n vinniger, doeltreffe­nder meganisme gegee.

’n Video van sy prototipe is binne drie dae sowat ses miljoen keer op Facebook gekyk. Dié video is op Traoss Paddock Solutions se Facebookbl­ad beskikbaar.

Die ontwerp is sedertdien verfyn en deesdae word die Traoss Gate Latch uit Ross se aanlyn winkel oor die wêreld heen verkoop en versprei. Die meganisme kan op ronde en reghoekige pale aangebring word en dit kan ook met ’n sleutel toegesluit word. PRYS: Sowat R470 na ge lang van die wisselkoer­s.

 ??  ??
 ??  ?? Prys wissel
Prys wissel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa