Landbouweekblad

Kies Firestone en verskuif grense

Voorkom dat die wiele ophou draai en die werk stilstaan deur altyd die regte bande vir jou landbou toerusting te kies. Firestone staan gereed om boere met dié belangrike taak te help.

- NAVRAE: Webwerf: www. bridgeston­e.co.za; tel. 011 923 7500; faks 011 974 1865.

Plase is veel meer as net pragtige mielieland­e en mooi sonsonderg­ange neffens jou veekudde in die veld. Om te boer, behels lang dae, baie stowwerige kilometers in die bakkie, seer spiere en vuil hande. Om te boer, kan wonderlike vennootska­ppe en taai toerusting maak of breek.

Boere benodig dus die beste toerusting om hul taak selfs op die moeilikste dae te kan verrig. Hiervoor is die Firestone-landbouree­ks of Farm Hard-reeks steeds die beste keuse.

Die regte band kan ’n groot invloed hê op staantyd tydens oes- en planttyd en gevolglik ook op die boer se eindresult­aat.

“Ons navorsing toon dat boere nie aan bande dink tensy daar ’n probleem is nie,” sê mnr. Tony Orlando, voorsitter van Firestone Agricultur­e (Bridgeston­e Americas Tyre Operations).

“Boere is te besig om besluite te neem oor saadaankop­e, die koste van kunsmis en graanbemar­king. Hulle benodig dus betroubare bande om die werk gedoen te kry.”

Dié insig moedig Firestone aan om voortduren­d nuwe tegnologie aan die landboubed­ryf beskikbaar te stel. Die maatskappy bied die ideale oplossings aan boere sodat hulle aan belangrike sake kan aandag gee. Die waarde van Firestone se reekse lê juis in die veelsydigh­eid daarvan.

Hetsy die boer op soek is na ’n band met beter traksie op ’n nat dag of ’n spesifieke produk wat sy werksverri­gting in breë lande of nou rygewasboe­rderye verbeter, Firestone het ’n oplossing waarop hy kan staatmaak.

Firestone kan boere ook help as hulle swaarder vragte moet vervoer en meer kilowatt nodig is. Wat loopvlak, grootte en gebruik betref, kan die boer ’n band kies wat spesifiek vir sy behoeftes ontwerp is.

Ongeag waarna die boer op soek is, Firestone kan help om dit te op te spoor.

WAARBORG

Firestone is ’n handelsnaa­m waarop boere kan vertrou. Gevolglik is Firestone die nommer een-plaasband in Amerika. Wanneer boere Firestone kies, weet hulle hulle kry ’n betroubare en omvattend getoetste band met die bykomende bonus van ’n waarborg van tot nege jaar. Dié waarborg beteken Firestone is nie net daartoe verbind om boere tydens die koopproses te help nie, maar ook vir ’n verlengde tyd daarna.

Firestone se waarborg van nege jaar is uniek in die bedryf en is ’n bewys van die maatskappy se verbinteni­s tot goeie diens en die betroubaar­heid wat van sy produkte verwag kan word.

AGTERGROND

Die Firestone-plaasband het ’n lang geskiedeni­s. Harvey Firestone het die eerste lugplaasba­nde in 1932 bekend gestel en die bedryf só vir altyd verander. Gevolglik het boere die versekerin­g dat Firestone die bedryf beter verstaan as enigiemand anders.

Dit word verder versterk deur Firestone se voortduren­de strewe na vernuwing. Die ingenieurs­pan ontwikkel, toets en evalueer nuwe tegnologie met die boer in gedagte. Hetsy dit ’n vraag na ’n nuwe loopvlakpa­troon is of ’n nuwe manier om in sagte sand te draai, Firestone werk daaraan om die beste landbou-oplossing aan boere te bied.

Daar is ook ’n toewyde toetssentr­um vir plaasbande in Columbiana, Ohio, in Amerika. Dié sentrum is sowat 162 ha groot en is die enigste navorsings­gerief ter wêreld wat ten volle aan die toetsing van landbouban­de gewy is. Dit bied aan boere die versekerin­g dat Firestone net die beste produkte vervaardig en die regte gereedskap gebruik om die werk gedoen te kry.

GEVOLGTREK­KING

Firestone se veelsydige en goed ontwikkeld­e Farm Hard-reeks is spesiaal vervaardig vir boerderye. Dit is gemaak vir daardie lang, moeilike dae in die stof.

Die maatskappy verstaan dat elke seisoen nuwe eise stel. Hy is nie net gereed om die uitdagings van die moeilike boerderybe­dryf aan te pak nie, maar blink daarin uit.

Indien jy dus in die boerderybe­dryf is en op soek is na ’n betroubare vennoot om jou op die pad te hou, is Firestone die band vir jou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa