Landbouweekblad

Kenners gee raad oor veediefsta­l

- — VERSLAGGEW­ER

BOERE in Gauteng en die Noord-Vrystaat is raadop oor kapbendes wat snags beeste se hakskeense­nings afkap en hulle dan slag. Die diere word dikwels nie behoorlik doodgemaak nie, maar net hul boude en blaaie word uitgekap.

Die vleis word vermoedeli­k verder noord uit die hand of in ’n slaghuis verkoop.

Mnr. Herman van Wyk, wat in die Vredefort-koepel boer, sê die probleem het al sowat sewe jaar gelede begin.

Mnr. Dré Schalekamp van die plaas Elandsfont­ein by Fochville het al minstens 25 beeste in sulke voorvalle verloor.

Ná die jongste voorval het een van sy koeie geaborteer, waarskynli­k weens die stres.

“Dis al ’n besigheid wat die diewe bedryf,” sê Schalekamp. “Dit gebeur telkens as beeste naby die teerpad loop sodat die rowers kan kap en vinnig met die vleis kan wegkom.”

HALSBANDE

Schalekamp se beeste dra halsbande van die beveiligin­gsmaatskap­py Agri Alert. Sy diere se alarms het met die jongste voorval afgegaan. Hy het dié nag uitgegaan om te gaan kyk, maar dit was so mistig dat daar nie veel te sien was nie. Die volgende oggend het een van die dooie koeie nog met die bebloede Agri Alert-halsband in die kamp gelê.

Hy sê dit is moeilik om te besluit of hy moet uitgaan om te gaan ondersoek instel as die alarms snags afgaan of om te gaan patrollie ry.

“Sê nou hulle skiet jou? Iewers hou ’n ou op leef as jy die hele tyd om jou moet kyk en wonder wie gaan jou volgende wil vermoor,” sê Schalekamp.

Volgens Van Wyk het hul gemeenskap­spolisiëri­ngsforum (GPF) vasgestel dat die aanvanklik­e kapbende uit die woonbuurt Protea Glen buite Soweto bedryf is. Splintergr­oepe het egter intussen gevorm, soos dié wat onlangs tussen Sasolburg en Koppies toegeslaan het. Van Wyk sê waar hul GPF wel inligting oor so ’n beoogde rooftog kry, wat gereeld gebeur, is die groot kwessie om die rowers op die toneel te betrap. In die praktyk behels dit om bedags te boer en diewe snags met nagsigtoer­usting voor te sit.

AANSLAG NEEM TOE

Mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefsta­lvoorkomin­gsforum, sê die modus operandi van hierdie diewe is veral in Gauteng ’n groot kwessie. Dit kom bykans daagliks in die suide en ooste van Gauteng voor by onder meer Bronkhorst­spruit, Welbekend, Akasia en Temba.

In die Noord-Vrystaat loop veral die distrikte Heilbron, Deneysvill­e, Zamdela, Parys en Vredefort deur.

Clack meen dit word aangevuur omdat boere al hoe meer teen gewone veediefsta­l begin optree. “Sodra diere gesteel is, haas die boere hulle na slagplase en veilings oor die hele land om hul vee te probeer terugvind. Daarom neem hierdie wrede voorvalle waarskynli­k deesdae toe.”

 ??  ??
 ?? FOTO'S: DRÉ SCHALEKAMP ?? Mnr. Dré Schalekamp van Fochville het onlangs dié grusame vonds (BO) op sy plaas Elandsfont­ein gemaak – een van minstens 25 beeste wat hy op dié wrede manier verloor het. Een van die Agri Alert-halsbande (LINKS) wat hy gebruik om sy vee te probeer beskerm, was nog aan een van die vier diere wat verlede naweek doodgemaak is.
FOTO'S: DRÉ SCHALEKAMP Mnr. Dré Schalekamp van Fochville het onlangs dié grusame vonds (BO) op sy plaas Elandsfont­ein gemaak – een van minstens 25 beeste wat hy op dié wrede manier verloor het. Een van die Agri Alert-halsbande (LINKS) wat hy gebruik om sy vee te probeer beskerm, was nog aan een van die vier diere wat verlede naweek doodgemaak is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa