Landbouweekblad

Gerrit van Zyl: Lae erflikheid van vrugbaarhe­id ’n mite?

- gerritvanz­yl@web.co.za NAVRAE: E-pos:

Die bekroonde stoetboer mnr. Gerrit van Zyl wil nie aanvaar dat vrugbaarhe­id laag oorerflik is nie, en bestuur en die omgewing kan onmoontlik 90% daartoe bydra. Die gebruik van die regte bulle afkomstig van vrugbare koeie bied die antwoord vir dié sleuteleie­nskap van beesboerde­ry.

Beladingst­empo en vrugbaarhe­id is seker die belangriks­te twee pilare waarop enige beesboerde­ry staan. Kyk ons na die opdrag in die Bybel van vermeerder en vul die aarde, dan kan ’n mens nie glo dat vrugbaarhe­id laag oorerflik kan wees nie.

Verder is diere aan ons gegee om in ons fisieke behoeftes in die vorm van proteïene te voorsien. Dit is weer eens vreemd dat daardie eienskap se oorerflikh­eid laag is.

Oorerflikh­eid is ’n populasiep­arameter, of statistiek, wat die hoeveelhei­d waargenome verskille meet in ’n eienskap wat veroorsaak word deur gene wat van een generasie na ’n ander oorgedra word. Met ander woorde, oorerflikh­eid is die hoeveelhei­d variasie in ’n eienskap wat te wyte is aan gene. Oorerflikh­eid dui ook aan hoe ’n eienskap op seleksie sal reageer. Seleksievo­rdering vir laag oorerflike eienskappe is stadiger as seleksievo­rdering vir hoog oorerflike eienskappe.

Dit word algemeen aanvaar dat vrugbaarhe­id laag oorerflik is. Vanaf 3% tot 10% word wêreldwyd as die norm aanvaar. Teen die agtergrond van die groter prentjie hierbo beskryf, klink dit eenvoudig nie reg nie.

REPRODUKSI­E-EIENSKAPPE KERNBELANG­RIK

Ek bestudeer elke jaar alle moontlike inligting van my eie kudde nadat die veearts sy beslissing­s gemaak het om vas te stel of enigiets my kan help om die besettings­yfer deur seleksie te verhoog.

Dit is beslis waar dat sekere moederlyne meer gereeld as dragtig gesertifis­eer word as ander. Wanneer jy ook begin krap in ’n “oop” dier se stamboom, vind jy gereeld dat daar in haar familie probleme van dieselfde aard was.

Jy kry egter ook uitsonderi­ngs, soos dat ’n vers “oop” is wat uit ’n moeder kom wat op 24 maande oud die eerste keer gekalf het, ’n tussenkalf­periode (TKP) van 363 dae het en met 12 kalwers spog. Dan skud jy net jou kop, want jy het gedink hier het jy nou iets reggekry.

Omdat die boer vir gewig betaal word, is of was die klem die afgelope 30 tot 40 jaar meer op groei en karkaseien­skappe. Eienskappe vir reproduksi­e by die manlike en vroulike diere is dalk te maklik oorgesien.

Dit is vir enige boer belangrik, maar vir die kommersiël­e boer is reproduksi­e-eienskappe vier keer belangrike­r as karkaseien- skappe as na winsgewend­heid gekyk word (Melton, 1995).

KLEIN BESTUUR S AANPASSING, GROOT VERANDERIN­G

Jare lank was daar ook nie konsensus oor watter meetbare maatstaf eintlik die akkuraatst­e is om te gebruik in die seleksie vir vrugbaarhe­id nie. Is dit ouderdom met eerste kalf (OEK), ouderdom van puberteit, TKP, kalfdatum, kalftempo, dae van blootstell­ing tot besetting, dae oop, hoeveelhei­d kalwers gebore word per 100 koeie, besettings­persentasi­e, gekorrigee­rde TKP of TKP tussen eerste en tweede kalf?

Wat is die een eienskap wat die grootste gunstige impak op vrugbaarhe­id sal hê indien ons daarvoor selekteer? Ek wil nie aanvaar dat vrugbaarhe­id laag oorerflik is nie en ek weier om te glo dat 90% van praktiese vrugbaarhe­id aan bestuur of die omgewing toegeskryf kan word.

Ek is oortuig dat daar baie gedoen kan word om kosteloos die geleenthei­d te skep om koeie die voordeel te bied om optimaal te funksionee­r. Die belangriks­te hiervan is

om haar in ’n goeie liggaamsko­ndisietell­ing (LKT) – party mense verwys na rugvet of lyfvet – op groen gras te laat kalf. Dit is ’n klein bestuursaa­npassing wat ’n groot veranderin­g in die aantal kalwers sal meebring, asook ’n korter TKP en natuurlik meer wins per hektaar.

KONSENTREE­R OPNUUT OP BULLE

Ons wil tog mettertyd ’n vrugbaarde­r kudde teel. Om al die diere uit te skot wat elke jaar oop is, sal sekerlik sorg dat die minder vrugbare diere mettertyd uitgeskake­l word. Ek meen seleksie vir enige eienskap gaan nie net oor die uitskot van die ongewenste diere nie, maar eerder oor die kies van die gewenste diere.

Omdat bulle ’n baie groter en vinniger bydrae tot ’n kudde lewer, is dit die plek waar jy begin. Ek het iewers die volgende raakgelees: “87,5% van die genetiese samestelli­ng van jou kudde vandag is die resultaat van die bulle wat jy die afgelope drie generasies gebruik het.”

Met hierdie kennis tot ons beskikking moet ons opnuut konsentree­r op die bulle wat ons koop of gebruik.

Die strengste bulseleksi­e het ek by die welbekende Lasaster-kudde in Noord-Amerika aangetref. Hulle gebruik nie ’n bul wie se ma nie op tweejarige ouderdom gekalf het nie. Die volgende kriteria is dat sy ma ook op geen stadium oorgeslaan het nie.

Verder gebruik hulle meerbulpar­ing in jaar een met sowat 20 bulle, waarna daardie 20 verminder word tot 10 vir jaar twee en weer verminder tot vyf in jaar drie, na gelang van hul eie prestasie ten opsigte van libido, dekbehendi­gheid en natuurlik die kalwers se prestasie sodra dit beskikbaar is.

Daarna word hulle as volwasse kuddebulle verkoop. Indien ’n bul in die teelprogra­m gebruik word en sy ma slaan oor terwyl hy in die teelprogra­m is, word hy ook summier as teelbul verwyder.

SELEKTEER SONDER VERSKONING­S

Waarna moet ’n mens dus kyk? Hou aan om die diere wat oorslaan, uit te skot, maar begin ook bulle gebruik wat van vrugbare moeders kom wat op natuurlike weiding sonder te veel hulp gereeld kalf. Stel hierdie bulle dan bloot deur middel van meerbulpar­ing en hou die bulle wat die toets van praktiese vrugbaarhe­id slaag. Moet nooit ophou om voortduren­d met dissipline en sonder verskoning­s vir dié eienskap te selekteer nie.

Jy sal verbaas wees hoe hoog oorerflik vrugbaarhe­id eintlik is. Ek sluit af met ’n vertaalde Engelse aanhaling. ’n Dogter en haar pa het oor die oorerflikh­eid van vrugbaarhe­id geredeneer nadat sy afgestudee­r het op universite­it. Is dit dan nou laag of hoog?

Die ou boer het die argument beëindig met die volgende stelling: “Ek is nie so seker oor die lae oorerflikh­eid van vrugbaarhe­id nie, maar ek is baie seker oor die hoë oorerflikh­eid van onvrugbaar­heid. Ek weet een ding: As jou ouers nie kinders gehad het nie, is die kans baie groot dat jy ook nie sal hê nie.”

Onthou, daar is nie ’n vervanging vir hierdie baie belangrike eienskap nie. Maak seker jy selekteer daarvoor vir vinnige vooruitgan­g. Skot uit teen onvrugbaar­heid by koeie en gebruik die regte bulle uit vrugbare koeie, en versnel sodoende jou kudde se vrugbaarhe­id.

Dankie aan die Profitable RanchingWh­atsApp-groep vir die stimulerin­g van hierdie gedagtes.

Gerrrit van Zyl besit die Hanzyl-Bonsmara-stoetery buite Dewetsdorp. Die stoetery het al talle pryse gewen. Gerrit skryf dié rubriek in sy persoonlik­e hoedanighe­id.

Dit is ’n klein bestuursaa­npassing wat ’n groot veranderin­g in die aantal kalwers sal meebring, asook ’n korter TKP en natuurlik meer wins per hektaar.

 ??  ?? Om die vrugbaarhe­id van jou kudde te verhoog, moet jy bulle gebruik van vrugbare moeders. Bepaal deur meerbulpar­ing wie die toets van praktiese vrugbaarhe­id slaag, en wees konsekwent.
Om die vrugbaarhe­id van jou kudde te verhoog, moet jy bulle gebruik van vrugbare moeders. Bepaal deur meerbulpar­ing wie die toets van praktiese vrugbaarhe­id slaag, en wees konsekwent.
 ??  ??
 ??  ?? Bied koeie die voordeel om optimaal te funksionee­r. Die vinnigste, kostelose geleenthei­d om dit te doen, is om haar in ’n goeie liggaamsko­ndisietell­ing op groen gras te laat kalf.
Bied koeie die voordeel om optimaal te funksionee­r. Die vinnigste, kostelose geleenthei­d om dit te doen, is om haar in ’n goeie liggaamsko­ndisietell­ing op groen gras te laat kalf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa