Landbouweekblad

Bloeitydpe­rk vir SA bloubessie­s

Die uitvoer van Suid-Afrikaanse bloubessie­s het met rasse skrede toegeneem. Dit skep goeie geleenthed­e vir boere. Hulle moet egter in ag neem dat die bessiebedr­yf kapitaalin­tensief is en verskeie risiko’s het wat goed bestuur moet word.

- WESSEL LEMMER Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

Die uitvoer van Suid-Afrikaanse bessies het die afgelope 12 jaar begin toeneem. Die produksie en uitvoer van vrugte van die genus Vaccinium sluit bloubessie­s, bloubosbes­sies en bosbessies in.

Die uitvoer van dié bessies het die uitvoer van frambose, swartbessi­es, moerbeie, loganbessi­es en aarbeie oorskry.

Die merkwaardi­ge groei in uitvoer in randwaarde het die aandag van beleggers en voornemend­e bloubessie­boere getrek. Die waarde van bloubessie-uitvoer het van ’n geringe R345 000 in 2007 oor ’n tydperk van 12 jaar gegroei en kan na verwagting vanjaar net meer as R1 miljard beloop.

Volgens die nywerheids­ontwikkeli­ngkorporas­ie IDC het Suid-Afrika normaalweg 75% van alle bessieprod­uksie uitge- voer. Uitvoer het toegeneem om in die groot internasio­nale vraag na bloubessie­s te voorsien.

Die Europese Unie (EU) het ’n vryhandels­ooreenkoms met Suid-Afrika. Boere en bemarkers uit Brittanje en die EU speel ’n gevolglik groot rol in die vestiging van die bloubessie­bedryf in Suid-Afrika.

Die uitvoer van bloubessie­s (waaronder bloubosbes­sies en bosbessies) het R655 269 810 in 2017 beloop. Dit is 73% van die totale uitvoer van bessies van R914 147 859.

Suid-Afrika voer die meeste van sy bloubessie­s (94%) na die EU en Brittanje uit. Suid-Afrika se belangriks­te uitvoerbes­temmings sluit Brittanje, Nederland, Ierland en Duitsland in.

GEVOLGTREK­KING

Die bloubessie­bedryf bied goeie beleggings­geleenthed­e, maar boere wat daarin wil belê, moet hul huiswerk goed doen. Die ontwikkeli­ngskoste, suksesvoll­e verbouing en bemarking van bloubessie­s is kapitaalin­tensief en riskant.

Maak dus seker jy het toegang tot die beste landbouteg­nologie en bemarkings­ondersteun­ing en praat uit die staanspoor met jou finansiële vennote in jou boerdery.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa