Landbouweekblad

As jou skip inkom (Wiele)

Dié week ry ons met ’n veld-stasiewa en ’n luukse wa wat self agteruit ry . . .

-

RANGE ROVER VELAR D240 HSE

Die nuwe Range Rover Velar het reeds ’n streep skoonheids­kompetisie­s vir motors gewen. Die Velar skuif in rangorde in tussen die Evoque en die Sport.

Maar dis nie net vir mooi lyk nie. Die Velar is goed toegerus vir veldvernuf. Hy oorkom die meeste hinderniss­e sonder moeite en al wat jou hier sal terughou, is die vrees dat jy sy groot allooiwiel­e skraap.

Dié groot wiele is egter ’n probleem op swak grondpaaie. Saam met sy stywe vering laat dit hom soms sukkel om vas te trap. Dit maak hom ook bietjie van ’n rammelkas en ’n mens kan voel hy’s nie doelgebou hiervoor soos ’n Fortuner of Pajero Sport nie. As jy baie stadig op ’n tegniese 4x4-roete gaan ry, vind ’n mens hy’s hoogs bekwaam. Maar as ’n mens teen 60-80 km/h op ’n sinkplaatp­ad ry, steek hy af by heelwat goedkoper motors, soos die Toyota C-HR en Suzuki Vitara.

Die gebrek aan ruimte vir passasiers kan ook krap. Daar’s genoeg plek voor, maar volwassene­s agter gaan ingehok voel.

Die kajuit is besonder luuks en stylvol. Daar’s twee groot skerms met grafika op die voorpaneel, maar dis dalk meer van ’n foefie as iets wat jou bestuur-ervaring verbeter. Dit kom wel nuttig te pas as jy ’n sleepwa agteruit moet stoot. Die Velar maak dit maklik met ’n semi-outomaties­e sleepwafun­ksie. Nadat dit geaktiveer is, draai die stuurwiel vanself. Al wat die bestuurder doen, is om na die een skerm te kyk en ’n beheerknop te draai wat vir die motor sê presies waarheen die sleepwa moet gaan.

Die Velar D240 lyk voortrefli­k, het oorgenoeg krag, is pynlik luuks en ry lekker op teerpaaie, maar daar’s te veel aan die debietkant. Prys: R1 239 000

VOLVO V90 CROSS COUNTRY T6 INSCRIPTIO­N

Die nuwe Volvo-geslag is uiters luuks, stewiger en aanskoulik­er as vele van sy Duitse eweknieë – en boonop veiliger.

Die V90 Cross Country is nie net ’n gewone stasiewa nie. Nes Subaru se puik Outback is die V90 CC ’n plat 4x4. Buiten dat hy al vier wiele aandryf, is die V90 Cross Country se pens 6 cm hoër as die Volvo S90-sedan s’n. Hy kan dus met net soveel gemak wydsbeen oor ’n hoë middelmann­etjie ry as ’n X5.

Die lae dak vergemakli­k die open aflaai van roeibote of enigiets anders wat jy op die dakrak wil vervoer. Verder gee dit die V90 CC ’n lae swaartepun­t, wat sy padhouverm­oë verbeter. Die nadele van sy anderster bakvorm is dat die bestuurder laer sit as in die X5.

Op die Sederberge se ruwe grondpaaie het die V90 CC met sy kragtige enjin gewys hy verorber lang grondpaaie lag-lag, veral nadat die oorgroot 19”-bande se druk verminder is. Gate en hobbels het soms ongemak veroorsaak, maar dit het nooit gevoel of die motor wegskram nie. Geen stof het die kajuit binnegedri­ng nie.

Die IntelliSaf­e-pakket is standaard. Dit identifise­er motors, fietsryers, voetganger­s en groot diere in die pad en sal die bestuurder waarsku en/of rem as hy of sy nie reageer nie en ’n botsing onafwendba­ar is. IntelliSaf­e sal ook rem as die bestuurder by ’n kruising voor ’n aankomende voertuig indraai. As die motor van die pad loop, sal dit rem en die gordels styftrek voor die voertuig dalk rol.

Koop die V90 CC as jy die verrigting, luuksheid en funksies van ’n premievoer­tuig wil geniet. Prys: R968 000

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa