Landbouweekblad

Hart tot hart

-

Die regverdige wat reg ‘geplant’ is, sal tot in die gryse ouderdom nog ‘vrugte dra’.

Ouderdom is nie vir sissies nie, het iemand gesê, en bygevoeg: Jy het sterk bene en breë skouers nodig. Wat ouderdom so skelmagtig maak, is dat dit jou meesal nie oornag oorval nie. Dit bekruip jou treetjie vir treetjie en dit eet jou stukkie vir stukkie op. Wanneer Vader Tyd jou waarsku: “Die Filistyne is op jou, meneer!” is dit reeds te laat om ’n ommekeer te maak.

Teen hierdie agtergrond ontstaan die vraag: Wat doen ons met die onvermydel­ike? Eintlik is dit makliker om te sê wat jy nié moet doen nie. Moenie in ontkenning verval nie. Moenie probeer wees wat jy nie meer is of kán wees nie. Daar is ’n goeie Engelse gesegde: There

is no fool like an old fool. ’n Ou mens wat probeer om jonk te speel maak van homself ’n bespotting. Aanvaar die werklikhei­d van oudword en bestuur die ouderdom met verantwoor­delikheid en waardighei­d. Natuurlik is dit net so verkeerd om jou voor jou tyd oud te hou.

Een van die argumente waarmee die luiaard homself verskoon as dit by werk kom, is dat hy te oud geword het om ’n plek in die span te kry. Nee, in God se span is daar plek vir jonk én oud. Eintlik kan jonk en oud mekaar heerlik aanvul. Voeg jeugkrag en die wysheid van die grysheid bymekaar, en jy’t ’n wenspan.

Die psalmis stel dit duidelik wanneer hy sê die regverdige wat reg “geplant” is, sal tot in die gryse ouderdom nog “vrugte dra” (vgl. Ps. 92:15).

Elke keer wanneer ’n mens die Woord van God lees, tref dit jou hoeveel beloftes daar is wat spesifiek op ou mense gerig is. Een van die mooiste beloftes word by monde van die profeet Jesaja tot die bejaardes gerig: “…en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ek sal dra en red” (Jes. 46:4).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa