Landbouweekblad

Veilingsve­rslae

-

Daar is ’n goeie vraag na jong aanteelvee oor die hele land omdat die weidingsto­estande in die algemeen gunstig is vir boere om hul kuddes weer op te bou ná die droogte. “

Nou is dié diere dus skaars,” sê mnr. Johan Scholtz, bestuurder van CMW se vee-en-veselafdel­ing in die noordelike streek.

Die maatskappy het veral in die noorde die afgelope jaar goeie groei in die lewendehaw­ebedryf ervaar, wat wys die mark is weer lewendig.

Scholtz sê aangesien dit nou tradisione­el speentyd is, is voerkrale redelik vol en het die speenkalfp­rys ’n bietjie gedaal. Die weidingsto­estande vir die winter lyk egter uitstekend danksy die goeie reën in die grootste deel van die somerreëng­ebied.

Omdat daar nou heelwat grondvog is, word uitgesien na ’n goeie lente. Die koue onderdruk ook parasietla­dings.

Scholtz moedig boere aan om veral in die winter hul diere teen brucellose te toets en in te ent, en om hul diere teen alle geslagsiek­tes in te ent om te verseker hulle sal op veilings verkoop kan word.

Terwyl die speenkalfp­ryse goed lyk, sal vrugbare bulle op die komende veilings goeie pryse behaal.

Hy sê met die huidige volgehoue en uitstekend­e wolprys behaal wolskape met goeie genetiese eienskappe besonder goeie pryse op veilings. — FREDALETTE UYS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa