AFGRI bly boere se opbergvennoot
Elke oesjaar bied nuwe kwessies. Gevolglik sal AFGRI Graanbestuur, soos in die verlede, daarna streef om sy dienste op ’n hoë standaard te hou om te verseker boere kan hul oeste met die minste ontwrigting lewer.
Vanjaar is dieselfde hoeveelheid hektaar mielies as verlede jaar aangeplant, volgens aanduidings. Sedert die 2014-seisoen is meer sojabone egter aangeplant en in die lig van die aantal olieperse wat opgerig word, lyk dit of hierdie neiging voortduur.
AFGRI Graanbestuur moet homself daarom só posisioneer dat die groter volumes sojabone vinnig en doeltreffend by silo’s ontvang en opgeberg kan word.
Boere kan tereg vra watter voordeel dit vir hulle inhou om hul graan by AFGRI op te berg.
Landboumaatskappye se opbergsgeriewe is ’n belangrike vennoot in boere se bemarkings-ketting. ’n Betroubare opberger hou die volgende voordele vir boere in: Graan word gelewer by silo’s of bunkers wat as Safex-punte geregistreer is. Die boer verskuif sy risiko dadelik na die opberger. Die graan wat gelewer is, is dadelik vir bemarking beskikbaar. Die gehalte en hoeveelheid word gewaarborg, ongeag die opber-gingstydperk. Boere wat by AFGRI se opbergingspunte lewer, het die opsie om met elke vrag te besluit of hulle dit op ’n dagtarief of vaste opbergopsie wil lewer. Só kan ’n boer sy uiteindelike koste bestuur. Wanneer graan regstreeks op ’n kontrak gelewer word, word geen opbergingskoste teen die boer se opbergingsrekening gedebiteer nie.
WÊRELDLEIER
AFGRI is ’n wêreldleier op die gebied van die hantering en opberging van mielies, koring, sonneblom, sojabone, gars en sorghum. AFGRI Graanbestuur bied die veilige opberging van landbouprodukte in verskeie graansilo’s, -bunkers en -sakdepots reg oor Suid-Afrika, asook elders in Afrika in Kongo-Brazzaville, Uganda, Tanzanië, Zimbabwe, Mosambiek en Zambië.
AFGRI se opbergingsvermoë is sowat 5 miljoen ton. Wêreld-klastegnologie in voorraadbestuur posisioneer AFGRI as ’n bedryfsdeskundige in graanbestuur. Die vermoë om graan te verkry deur ’n wye netwerk van aankoopagente, asook om voorraad namens klante te dra, maak van AFGRI ’n leier in sy veld.
AFGRI Graanbestuur bied gestruktureerde handelsgeleent-hede aan die mark. Graan word aangeskaf deur AFGRI Graanbemarking en gedra deur die afdeling vir die verkryging van grondstowwe. AFGRI bied oplossings aan ondernemings reg oor Afrika wat graan maal en pers, soos mededingende rentekoerse op kommoditeite wat namens klante gedra word.
VOORDELE EN DIENSTE
AFGRI bied veilige opberging oor lang tydperke en voldoen aan die landbou se voedselpro-dukstandaarde. Silosertifikate kan aangevra word (dit sluit Safex- en elektroniese sertifikate in) om graan vinnig en doeltreffend te bemark.
Graan van verskillende grade en gehalte kan afsonderlik opgeberg word en die boer kan akkurate toerusting deur gekwalifiseerde personeel benut. Graan vir opberging word met ontvangs berook. Daar is ook geriewe beskikbaar vir die skoonmaak en droging van graan.
Graan kan versak word as die behoefte bestaan en die silo-aktiwiteite en uitleg dit moontlik maak. ’n Doeltreffende protokol word toegepas met die afsonderlike opberging van nieGM graan. Nismarkprodukte en -voorraad word goed beheer.
Voorraadinligting kan via die internet verkry word en konsolidasies van voorrade by bedryfspunte kan gedoen word wanneer omstandighede dit toelaat. Klante kan geleenthede vir voorraadruilings strategies benut en AFGRI kan landboukommoditeite namens derde partye en eindverbruikers hanteer.
’n Groot voordeel vir boere is vasteprys-kontrakte, minimum of maksimum pryskontrakte en uitgestelde pryskontrakte.
TYDENS-LEWERING-KONTRAKTE
Kontrakte is ook tydens strooptyd beskikbaar. Die voordele van dié soort kontrakte is dat die oesgrootte aan die boer bekend is. Die risiko van wanprestasie word dus grootliks uitgeskakel. Die risiko wat aan force majeure gekoppel is, is minimaal.
Tydens lewering word die totale bedrag waarvoor die graan gekontrakteer is, as ’n eenmalige bedrag aan die boer oorbetaal. Indien ’n rentefaktor hieraan gekoppel is, kan dit voordelig wees om ’n deel van ’n oes só te bemark.
DEURVOERTARIEF
Vanjaar sal ’n deurvoertarief vir mielies by verskeie bedryfspunte beskikbaar wees vir klante wat ’n behoefte het om hul mielies tydens strooptyd aan afnemers te lewer.
Klante wat in hierdie diens belang stel, moet voor die begin van die strooptyd met AFGRI in verbinding tree sodat die nodige administratiewe reëlings getref kan word.