Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

’NNUWE boek, Death and Taxes, deur Johann van Loggerenbe­rg (wat aan die hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens se ondersoek na die tabakbedry­f gestaan het voor hy uitgeskop is deur Tom Moyane) onthul dat die Tabakinsti­tuut van Suid-Afrika (Tisa) se nuutste veldtog teen tabak-sluikhande­l maar ’n skynheilig­e oefening is. Vernaam klink mnr. Francois van der Merwe, voorsitter van Tisa, se verontwaar­diging oor tabakmaats­kappye se versuim om belasting te betaal, maar hol in die lig van die misdadige gedrag waarby dié bedryfslig­gaam vir Groot Tabak in Suid-Afrika bygesleep word deur sy invloedryk­ste lid, British American Tobacco (BAT).

Die bedryf het onder meer ’n prokureur betaal om op sy opponente te “spioeneer”. Deurslagge­wend is dat BAT en Tisa ook in hierdie twyfelagti­ge gedrag geïmplisee­r is. Tog het hulle terselfder­tyd saam met die “taakmag”, bestaande uit die Valke, misdaadint­elligensie, die Nasionale Vervolging­sgesag en die Staatsveil­igheidsage­ntskap, saamgewerk teen onwettige tabakhande­l. Dié verhouding het BAT toegang gegee tot staatsinte­lligensie en die vermoë om te beïnvloed wie van sy regstreeks­e mededinger­s in die visier kom. Met ander woorde, BAT het die wetstoepas­sers gekaap. Maar dit is dié taakmag wat deur staatskapi­ng uitgeroei is, sê Van der Merwe.

Van Loggerenbe­rg het egter reeds lank voor Moyane se “nag van die lang messe” sy span opdrag gegee om nie meer saam met die taakspan te werk nie. Hy sê in sy boek die taakmag is geïmplisee­r in “korrupsie, afpersing, ontwrigtin­g van SAID-sake en geldwasser­y”.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa