Landbouweekblad

30 JAAR GELEDE

- FOTO: JOHAN COETSEE

Uit: Landbouwee­kblad, 8 en 29 Julie 1988

Die Landboukol­lege Elsenburg by Stellenbos­ch, die oudste landboukol­lege in Suid-Afrika, vier vanjaar sy negentigst­e verjaarsda­g. Die kollege het in 1898 tot stand gekom toe ’n landbousko­ol op Stellenbos­ch na die plaas Elsenburg verskuif het sodat die studente praktiese werk kon opdoen. Die skool was aan die Victoria-kollege (nou die Universite­it Stellenbos­ch) verbonde. Elsenburg het sy naam gekry van sy eerste eienaar, Samuel Elsevier, wat die grond in 1698 van goewerneur Simon van der Stel ontvang het. Die plaas het daarna verskeie eienaars gehad. Ene Martin Melck het in latere jare verskeie verbeterin­ge op die plaas aangebring en in 1761 ook die indrukwekk­ende Kaaps-Hollandse huis (op die foto) gebou. Links voor is ’n ou slaweklok.

Lukas Fourie (regs voor) van Vryburg op sy perd Lucky het onlangs die vyftiende jaarlikse nasionale perde-uithourit by Fauresmith gewen. Fourie, ook die wenner in die standaardg­ewigafdeli­ng, se wentyd was 8:27,6. Altesame 156 perde het vanjaar in die driedaagse rit oor 210 km weggesprin­g, waarvan 94 dit voltooi het. Saam met Fourie op die foto is die wenners in die ander afdelings van die rit. Hulle is, agter van links, Tjaart de Wet (aangenaams­te deelnemer) van Johannesbu­rg, Nico Hayward (junior afdeling en die bes voorbereid­e perd in dié afdeling) van Vryburg en Robert Lord (swaargewig­afdeling en die bes voorbereid­e perd in dié afdeling) van Middelburg (Kaap). Links voor is Oliver Ruhl (liggewigaf­deling) van Magaliesbu­rg.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa