Landbouweekblad

Bevrore ingevoerde hoender vir jou?

- — NICO VAN BURICK

HARDE woorde het geval tussen mnr. Francois Baird, stigter van die teenstorti­ngsbewegin­g FairPlay, en me. Dessy Choumelova, handelsraa­dgewer van die Europese Kommissie in Pretoria, op ’n konferensi­e waar handelsbet­rekkinge onder die soeklig gekom het.

Baird het op Farmer’s Weekly se AgriBesigh­eid Afrika-konferensi­e in Kempton Park gesê 44% van hoendervle­is wat in Suid-Afrika verbruik word, is ingevoer en dit het al tot 6 000 werksverli­ese in Suid-Afrika se hoenderbed­ryf gelei. In Kameroen het 120 000 werksgelee­nthede verlore gegaan en Ghana se hele bedryf is weens storting vernietig.

“Sedert ek by FairPlay betrokke is, het ons vier lesse geleer: By handel met groot handelsven­note moet ons nie net konsentree­r op wat hulle sê nie, maar ook op wat hulle doen. Die twee stem nie altyd ooreen nie.

“Daarby moet Suid-Afrika sy rug styf maak in onderhande­linge. Die groot spelers se taktiek is om ’n pistool teen jou kop te hou gevolg deur ’n opdrag.

“Die derde les is dat storting teen die reëls is, maar nie onwettig nie. Ons wil hê dit moet strafbaar wees. Hoër tariewe is nie voldoende nie. Daarby moet daar vergoeding wees vir skade wat reeds in die verlede aangerig is. Vrye handel is belangrik, maar dan moet die speelveld gelyk wees en dit geld alle bedrywe.”

NIE FEITELIK

Choumelova het teruggekap deur te sê FairPlay se mediaveldt­og is nie op feite gegrond nie. Daar is nie sprake van storting nie omdat Europese hoender duurder as ander beskikbare hoender is. Sy sê van die 10 lande wat hoender uit Europa ingevoer het, is daar nou net twee oor weens voëlgriep en in 2016-’17 het invoer uit Europa na Suid-Afrika met 71% gedaal. Sy sê die ingevoerde hoender kom uit Amerika en Brasilië. Daar is ook geleenthed­e vir Suid-Afrikaanse boere om uit te voer, maar hulle stel klaarblykl­ik nie belang nie.

“Die Europese Unie is gekant teen proteksion­isme, want dit beteken nie beskerming nie. Dit skaad langtermyn­verhouding­s in ’n wêreld waar almal interafhan­klik en met mekaar verbind is. Ons moet werk aan ’n wen-wensituasi­e en ons uitsprake moet op feite gegrond wees.”

Me. Tatiana Mata, ’n landbousak­espesialis van Mosambiek, het gesê soms is daar ook storting van ingevoerde hoender in Suid-Afrika se buurlande waartydens Suid-Afrika net as deurgang gebruik word.

 ?? FOTO: NICO VAN BURICK ?? Mnr. Francois Baird van FairPlay wou twee pakke bevrore hoenderpor­sies aan ’n Europese handelsraa­dgewer oorhandig. Een was Suid-Afrikaanse hoenderstu­kke met ’n naspeurbar­e oorsprong en die ander het hoenderstu­kke met twee verskillen­de besendingn­ommers...
FOTO: NICO VAN BURICK Mnr. Francois Baird van FairPlay wou twee pakke bevrore hoenderpor­sies aan ’n Europese handelsraa­dgewer oorhandig. Een was Suid-Afrikaanse hoenderstu­kke met ’n naspeurbar­e oorsprong en die ander het hoenderstu­kke met twee verskillen­de besendingn­ommers...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa