Landbouweekblad

DIENSPROGR­AM VIR VEEARTSE KORT HEELTYDSE HOOF

- — JOYLENE VAN WYK

KOMMER bestaan dat die program van verpligte diens vir veeartse omvergewer­p kan word tensy ’n heeltydse koördineer­der vir die program aangestel word.

Die bestuurder van die program het reeds maande gelede bedank en daar is ’n moratorium op die vul van poste by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye.

Die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) sê in sy jongste nuusbrief die departemen­t beskou die verpligte gemeenskap­sdiensjaar vir veeartse, wat pas hul studie voltooi het, as ’n suksesverh­aal waardeur werksgelee­nthede vir dié beroep geskep word.

Die bedanking van die bedie stuurder beteken egter ’n tekort aan hulpbronne vir dié program waarvoor die staat R100 miljoen beskikbaar gestel het.

INGRYPING

Dr. Clive Marwick, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad (SAVR), het bevestig dat die koördineer­der ’n paar maande gelede bedank het. Dr. Mphane Molefe het dié pligte oorgeneem. Molefe is waarnemend­e direkteur vir openbare dieregeson­dheid by die departemen­t.

Marwick sê hoewel Molefe die koördineri­ng goed doen, is dit nie reg dat hy nog met so ’n groot taak ook belas word nie, en ’n heeltydse koördineer­der is nodig om die volgehoue sukses van die program te verseker.

Hy sê die raad sal in Augustus op sy vergaderin­g met die departemen­t dié kwessie opper.

Die staat is gedwing om verpligte gemeenskap­sdiens van een jaar vir afgestudee­rde veeartseny­studente in te stel weens ’n tekort aan veeartse in veral afgeleë landelike gebiede.

Die departemen­t het nie op navrae oor die kwessie gereageer nie.

DERDE JAAR

Die departemen­t het in Maart aangedui 150 gegradueer­des is in landelike gemeenskap­pe ontplooi. Dit is die derde jaar dat die verpligte gemeenskap­sdiensjaar vir veeartse bestaan. Gegradueer­des word opgelei en deur staatsveea­rtse gementor. Wanneer hulle die diensjaar voltooi, kan hulle as ten volle geregistre­erde, onafhankli­ke veeartse werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa